Leesvordering:

Kuier in Dubai 2017 – Dewald Wasserfall

Mei 25, 2017

Van kleintyd af is ek nog altyd behep met twee dinge: musiek en reis. Ek is geweldig bevoorreg om van my twee grootste passies ’n werk te kan maak. Dus was dit vir my baie opwindend om weer gekies te word vir die “Kuier in Dubai”.

Dewald le Roux en sy span het geen moeite ontsien om ons kunstenaars en die gaste 100% gemaklik te laat voel nie. Dis ’n onvergeetlike ervaring om hierdie eeue oue kultuur in ’n ultramoderne stad te beleef.

Vir my is dit ’n geleentheid om my musiek buite die grense van my eie land op te voer, vir ’n onbekende gehoor wat nie noodwendig al my liedjies ken nie. Dis opwindend en ’n goeie uitdaging. Dis ook lekker om vir ons vriende in die buiteland weer bietjie ’n smakie van Suid-Afrika te gee.

Ek is so geseënd en dankbaar vir hierdie geleentheid, en ek glo dit sal beslis nie die laaste keer wees nie. – Dewald Wasserfall

Lees ook: Wêreldwyd kuier in Dubai

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest