Leesvordering:

Die 2017-belastingseisoen is om die draai

Jul 6, 2017

Belastingbetalers kan hul belastingopgawes vir die 2017-belastingjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) van 1 Julie 2017 tot November 2017 indien.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en werk en Suid-Afrika slegs een keer ’n jaar met vakansie besoek, hoef slegs inkomstebelastingopgawes in te dien as hulle ’n Suid-Afrikaanse huurinkomste of  inkomste van ’n Suid-Afrikaanse besigheid ontvang het. Belastingbetalers wat Suid-Afrika permanent verlaat of slegs vir ’n paar jaar emigreer, moet onthou om hul belastingopgawe in te dien in die jaar waarin hulle die land verlaat. Dié belastingbetalers kry gewoonlik ’n belastingterugbetaling – gewoonlik word daar te veel belasting afgetrek omdat die belastingbetaler nie die volle jaar gewerk het nie.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland bly en nie langer as Suid-Afrikaanse belastinginwoners kwalifiseer nie, moet onthou dat hulle nie meer kapitaalwinsbelasting hoef te betaal as hulle aandele op die JEB verkoop nie.

Suid-Afrikaners wat vir korter tydperke in die buiteland werk (byvoorbeeld vir ses maande) en gereeld na Suid-Afrika terugkom, moet hul Suid-Afrikaanse belastingopgawes indien.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vereis dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat oorsee werk bewys moet lewer dat hulle voldoen het aan die 183 dae-vereiste en die vereiste van 60 opeenvolgende dae. Die standaardversoek lui:

Voorsien ons kantoor asseblief van die brief van u werkgewer wat die aantal dae binne en buite die land aandui, asook die gedeelte van die inkomste wat as uitgesluit beskou word.  

Die SAID sal ook afskrifte van jou paspoort vereis, wat hulle slegs sal aanvaar as die belastingbetaler die paspoortafskrifte nommer en duidelik aandui watter stempels die vertrek uit en aankoms in Suid-Afrika aantoon.

Die 60 dae- opeenvolgende tydperk is nie van toepassing op mense wat op oliebore werk nie, en ook nie op mense wat op skeepsrederye werk en hulle deel van die bemanning is nie.

Baie mense neem aan dat buitelandse inkomste slegs uitgesluit kan word as die 183- en 60-vereistes in ’n enkele belastingjaar nagekom word. Dit is verkeerd, want dié vereistes geld vir enige 12 maande-tydperk. As ’n persoon die 183 en 60 dae-vereistes tussen 1 Julie en Junie 2017 nakom, beteken dit dat buitelandse inkomste wat tussen Julie 2016 en Februarie 2017 verdien is, uitgesluit is, asook dat enige buitelandse inkomste wat tussen Maart 2017 en Junie 2017 verdien is vir doeleindes van die 2018-belastingjaar uitgesluit is.

As die 60 dae-tydperk van 1 Julie 2016 tot 31 Augustus 2016 strek, mag die belastingbetaler hierdie 60 aaneenlopende dae sowel die begin as die einde van ’n 12 maande-periode gebruik. Die 12 maande-tydperk kan dus strek van September 2015 tot Augustus 2016, terwyl ’n ander 12 maande-tydperk van Julie 2016 tot Junie 2017 kan strek.

Onthou asseblief dat jy jou belastingopgawe slegs moet indien as jy aan die 183 dae- en 60 dae-vereistes voldoen. As jy sedert 1 Januarie 2017 in die buiteland gewerk het, moet jy nie jou belastingopgawe indien vir die jaar wat op 28 Februarie 2017 eindig as jy nie aan die 60 dae- en 183 dae-vereistes voldoen nie, want die SAID sal dan enige buitelandse inkomste belas wat jy in Januarie en Februarie 2017 verdien het. Jy sal egter in staat wees om enige buitelandse belasting af te trek wat via jou Suid-Afrikaanse belastingpligtigheid betaal is, mits die ander land ’n dubbelbelastingooreenkoms met Suid-Afrika het.

Selfs al werk en leef jy buite Suid-Afrika en verdien geen Suid-Afrikaans gebaseerde inkomste nie, is my raad dat jy ’n Suid-Afrikaanse belastingopgawe indien as jy tot ’n Suid-Afrikaanse aftrede-annuïteit bydra – die SAID sal jou eendag, wanneer dié aftrede-annuïteit uitbetaal, jou bydraes as aftrekkings vir belastingdoeleindes in berekening bring.

Jy is welkom om Fanus Jonck (tax@jonck.net) met enige belastingnavrae te kontak.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest