Leesvordering:

Die 457-visumveranderinge: wat jy moet weet

Apr 20, 2017

Die tydelike 457-werkvisum is vervang met twee nuwe tydelike visums vir werkers met spesifieke vaardighede.

’n Tweejaar- en ’n vierjaarvisum, elk met nuwe beperkings, is in die plek van die 457-visum ingestel.

Belangrike veranderinge sluit die volgende in:

  • Bekendstelling van die tydelike visum vir werkers met spesifieke vaardighede wat die volgende insluit, maar nie daartoe beperk is nie:
    • nuwe beroeplyste wat meer gerig is op die Australiese arbeidsmark en in ooreenstemming is met vaardigheidsbehoeftes;
    • ’n vereiste dat persone wat aansoek doen vir ’n visum minstens twee jaar werkservaring moet hê in die beroep waarvoor hulle opgelei is;
    • ’n markverwante minimumsalaris om te verseker dat oorsese werkers nie goedkoper as Australiese werkers in diens geneem word nie;
    • verpligte beroepstoetse, tensy ’n internasionale verpligting van toepassing is;
    • slegs een binnelandse hernuwing van die korttermynvisum (tweejaarvisum);
    • binnelandse hernuwing van die mediumtermynvisum (vierjaarvisum) en moontlike permanente verblyfreg na drie jaar;
    • die vereiste tydperk vir permanente verblyfreg word verleng van twee tot drie jaar;
    • ’n toets om te verseker dat werkgewers nie aktief teen Australiese werkers diskrimineer nie;
    • ’n strenger vereiste dat werkgewers ’n bydrae moet lewer tot die opleiding van Australiese werkers;
    • verkryging van belastinglêernommers deur die Department of Immigration and Border Protection en vergelyking van data met die Australiese belastingkantoor se rekords; en
    • verpligte gedragsertifikate moet voorsien word.
  • Strenger vaardigheidsvereistes vir werkgewergeborgde visums vir permanente verblyfreg wat die volgende insluit, maar nie daartoe beperk is nie:
    • strenger Engelse taalvereistes;
    • ’n vereiste dat visumaansoekers minstens drie jaar werkservaring moet hê;
    • ’n vereiste dat visumaansoekers ten tye van die aansoek onder die ouderdom van 45 moet wees;
    • ’n strenger vereiste dat werkgewers ’n bydrae moet lewer tot die opleiding van Australiese werkers; en
    • ’n vereiste dat werkgewers ’n markverwante Australiese salaris moet betaal en voldoen aan die inkomstedrempel vir tydelike werkers (Temporary Skilled Migration Income Threshold).
  • Voortgesette beskikbaarheid van toegewings vir bepaalde streke in Australië (regional Australia):
    • Werkgewers in “regional Australia” sal onder die tydelike en permanente visums steeds toegang hê tot beroepe wat hul vaardigheidsbehoeftes weerspieël.
    • Bestaande konsessies vir permanente verblyfreg in “regional Australia”, soos die kwytskelding van administratiewe gelde en die vrystelling van ouderdomsvereistes vir sekere beroepe, sal behou word. Oorweging sal geskenk word aan die uitbreiding van beroepe wat vrygestel is van die ouderdomsvereiste vir “regional Australia”.
  • Beduidende inkorting van die beroeplyste wat gebruik word vir visums vir geskoolde migrasie, waaronder die Subklas 457-visum, vanaf 19 April 2017.Volgens die eerste minister van Australië, mnr. Malcolm Turnbull, is die nuwe visums in nasionale belang ontwerp om top oorsese kandidate vir indiensneming te lok.Meer inligting oor die nuwe visums is beskikbaar by https://www.border.gov.au/Trav/Work/457-abolition-replacement.
  • Die Temporary Work (Skilled) (Subclass 457) visum was een van die gewildstes waarvoor Suid-Afrikaners aansoek gedoen het. Dit het hulle in staat gestel om met hul gesinne na Australië te verhuis en ná ’n minimumtydperk aansoek te doen vir permanente verblyf.
  • Daar is onmiddellik begin met die implementering van hierdie veranderinge en dit sal in Maart 2018 afgehandel wees.
Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest