Leesvordering:

Die ander dam en sy ganse

Mar 12, 2020

Om te emigreer is nie maklik nie. Jy land op ’n ander dam, en sy ganse is definitief anders as enigiets waaraan jy gewoond was. Hulle lyk anders, hulle klink anders, hulle loop en koop anders. Daar is ander reëls en regulasies, en dit is ’n ander gans wat besluit wie swem waar.

Daar is die voordeel dat alle ganse op die vreemde dam min of meer gelyk is, en jy sal gou gepik word as jy jou hier by die ander dam sou wangedra.

Dan is daar natuurlik heelwat vreemde ganse net soos jy. Ander damme is anders, hulle verwelkom vreemde ganse, maar dan wel ganse wat kan bydra tot die stelsel, en bitter min ganse eet kos wat hulle nie self gevang het nie.

En vir die meeste vreemde ganse is daar ’n proses om eie ganse op die vreemde dam te word – natuurlik binne perke. Tot ’n sekere mate bly ’n vreemde gans ’n vreemde gans, maar dit is gewoonlik die kuikentjies – wat as eie ganse grootgemaak word – wat eie ganse word.

Dit is dan ook belangrik om die regte vreemde dam te kies om op te land, want sommige vreemde ganse is wilder as ander, en gaan vir ’n redelike tyd neerkyk op vreemde ganse, en dit moeilik maak vir die vreemde ganse om hul eie swemplek te kry.

Maar helaas, die dam waar ons geland het, het so baie vreemde ganse dat dit soms moeilik is om uit te vind wie vreemde ganse is en wie eie ganse, bygesê. Maar hierdie ganse op hierdie vreemde dam het ons verwelkom, en ons is nou so ingeburger ons sal soos vreemde ganse voel op die dam waar ons van gevlieg het, soos in die dag van die vreemde gans….

 

Meer oor die outeur

Anton van Zyl

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest