Leesvordering:

Die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het

Okt 11, 2021

Wêreldwyd het onlangs op ons Facebook-blad ons vriende gevra wat is die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het? Ons is oorlaai met boodskappe en die meeste mense was dit eens dat hulle hul familie en vriende sou wou saamvat, aangesien die verlange vreeslik erg is. Ons het verder ’n lys opgestel van die 13 ander dinge wat mense in hul tas sou wou pak en saamvat.

  1. My hele familie. – Antoinette Briel
  2. My versameling klassiekemusiekplate. In elke plaat was ’n herinnering opgesluit. – Dalene Russell
  3. Berge – Tanya de Groot
  4. My ma – Marelize Bott
  5. Ek het te veel om op te noem. – Elizabeth Claudette
  6. Tropika-sap – Angelique Scriven
  7. Die reuk van die grond ná die reën en die doringboom op die vlakte. – Tilly van Enter
  8. Pleisters wat die pyn en hartseer van emigrasie kan toeplak. – Joany Brink
  9. Donderweer. Dit gebeur amper nooit hier in Nieu-Seeland nie. – Anet Dafel
  10. Soet pynappels, mango’s en geelperskes. – Karien van Greunen
  11. My huisdokter en tandarts. – Karien van Greunen
  12. My hond wat ons vele keer beskerm het. – Gwen Waller
  13. Afrikaans – Sanet Engelbrecht

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest