Leesvordering:

Die effek van nuwe SA paspoortregulasies op SA burgers wat in die buiteland woon

Jul 28, 2020

Breytenbachs is bewus daarvan dat baie Suid-Afrikaners in die buiteland probleme ondervind omdat hulle maande moet wag vir ‘n nuwe paspoort. As jy nie ‘n geldige Suid-Afrikaanse paspoort het nie, lei dit tot allerhande uitdagings.

Agtergrond

In 2019 het die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake die regulasies rakende paspoortaansoeke van SA burgers wat buite die Republiek van Suid-Afrika woon, gewysig.

Voordat jy vir ‘n paspoort kan aansoek doen, moet jy nou eers aansoek doen om bevestiging van jou Suid-Afrikaanse burgerskap. Dit is hoofsaaklik omdat baie Suid-Afrikaners deur naturalisasie ‘n tweede nasionaliteit verkry sonder om eers die SA owerhede se toestemming te vra. As jy nie aansoek doen om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou voordat jy om ‘n buitelandse nasionaliteit aansoek doen nie, sal jy outomaties jou SA burgerskap verloor. Jy kan dan nie in aanmerking kom vir ‘n Suid-Afrikaanse reisdokument nie.

As gevolg van die nuwe regulasies neem dit baie lank om ‘n nuwe SA paspoort via ‘n SA verteenwoordiger in die buiteland te bekom.

Dit duur ongeveer ses tot agt maande om jou burgerskap te bevestig, omdat die beslissing in Suid-Afrika gemaak word en nie by die kantoor waar jy aansoek doen nie. Jou paspoortaansoek kan eers verwerk word nadat bevestiging ontvang is dat jy wel nog ‘n SA burger is.

Tref voorsorg

Breytenbachs raai alle Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland woon aan om vroegtydig aansoek te doen om bevestiging van hulle SA burgerskap voordat hulle Suid-Afrikaanse paspoorte verval. As dié dokument beskikbaar is, sal dit die proses om ‘n nuwe SA reisdokument te kry bespoedig.

Let asseblief ook op: As jy die reg het om ‘n SA paspoort te gebruik, word jy deur die SA Burgerskapwet verplig om dit te alle tye te gebruik wanneer jy na en van SA reis.

Vir enige navrae oor jou Suid-Afrikaanse burgerskapstatus, kontak gerus Breytenbachs se Suid-Afrikaanse immigrasiespan by SAImmigration@bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest