Leesvordering:

Die Gelofte-musiekblyspel se speelvak tot 19 Junie verleng ná kaartjies uitverkoop

Mei 17, 2022

Die Gelofte-musiekblyspel wat aanvanklik net vanaf 6 -29 Mei by die AfriForum Teater opgevoer sou word, se speelvak is nou tot 19 Junie verleng, nadat kaartjies vir die naweekvertonings uitverkoop het.

Die Gelofte: ’n Musiekblyspel is ’n AfriForum-produksie wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied word. Die rolverdeling spog met groot name in die musiek- en teaterbedryf waaronder Johan Vorster, Nadia Beukes en Bernice West.

Die teks is deur Jannes Erasmus geskryf en volg die geskiedkundige gebeure wat die aflê van Die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier voorafgegaan het. Erasmus behartig ook die regie vir dié produksie. Musiek en lirieke is deur Johan Vorster en Jacomien de Villiers behartig en Francois Lessing is aan die stuur van orkestrasie en musiekregie. Volgens Erasmus is die musiek splinternuut, oorspronklik en werklik op ’n internasionale standaard.

“AfriForum het besef daar is ’n behoefte by die publiek vir die boodskap van hoop wat die Gelofte-musiekblyspel oordra, maar die oorweldigende positiewe reaksie van die publiek en die kaartjieverkope het al ons verwagtinge oortref. Dit maak dit moontlik dat ons nou die geleentheid aan meer mense kan bied om hierdie boodskap van hoop eerstehands by die AfriForum Teater te beleef,”

sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Dit is vir my belangrik om die gehoor fisies en emosioneel deel te maak van die ervaring. Die rou emosie wanneer elke persoon teenwoordig staan tydens die aflê van die Gelofte is seker een van my gunsteling oomblikke. Skoolleerders wat ’n tweede of derde keer kom kyk en mense saambring is ’n goeie maatstaf of die produksie in sy doel slaag dink ek. Selfs mense wat ervare teatergangers is, deel dat hulle al baie vertonings beleef het maar iets is anders aan Die Gelofte, iets wat jou boei en laat terug kom vir nog. Die mense wat hierby betrokke is, is vir my ’n hoogtepunt, ons is ’n groep vreemdelinge wat elkeen ons eie bagasie het wat die Here kies om saam op hierdie reis te gaan en nou is ons ’n hegte familie. Die Here het al mense veel minder bekwaam as ons gebruik om Sy woord te verkondig, wat ’n voorreg om dit op hierdie manier te kan doen. Hierdie is ons vyf broodjies en twee vissies, nou bedien ons die nasie,” voeg Erasmus by.

“Vir ’n wonderwerk om te gebeur moet daar ’n bonatuurlike ingryping plaasvind van ons God, maar dit vereis dat ’n mens jou knie buig voor Sy grootheid. Dit het in 1838 gebeur en wonderwerke gebeur steeds vandag! Ons staan verstom oor die terugvoer wat ons ontvang. Die Gelofte is nie net ’n opvoering wat ‘n belewenis is nie. Dit verander werklik mense se lewens. Ons word oorval met mense wat sê dat hulle met hoop gevul is soos hulle by die teater uitstap en dat hulle weer kans sien vir die toekoms,” sê Vorster en De Villiers.

“Ons is in verwondering! Die perfekte kombinasie van erns tog vreugdevol. ’n Ongelooflike blyspel wat nuwe waardering vir ons geskiedenis kweek en ’n hernude trots in ons Afrikaner kultuur en erfenis by jou sal agterlaat. Beslis ’n móét sien” sê Carien Bloem, teaterbestuurder van AfriForum Teater.

  • Kaartjies vir die tweede speelvak van Die Gelofte: ’n Musiekblyspel is nou beskikbaar.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest