Leesvordering:

DIE GEVOLGE VAN DIE COVID-19-PANDEMIE OP VISUMS EN BURGERSKAP IN SUID-AFRIKA

Jul 19, 2021

Die COVID-19-pandemie het onverwagte en onvoorsiene gevolge gehad op visums en vir mense wat Suid-Afrika wil binnekom.

Die pandemie het ongekende chaos tot gevolg gehad wat visums aanbetref en hierdie gevolge word vervolgens bespreek.

Reis, insluitend beweging tussen provinsies, is eerstens tydens die ernstigste inperking op Vlak 5 verbied, met die uitsondering van mense wat betrokke was by sekere gestipuleerde nooddienste en noodsaaklike dienste. Reis vir ontspanningsdoeleindes is verbied en geen toeriste kon die land binnekom nie. Die gevolge op die toerismebedryf en die werksverliese in hierdie bedryf is onmeetbaar.

Die verbod op reis het die verkryging van enige visum om Suid-Afrika binne te kom feitlik onmoontlik gemaak. Dit was aan die begin selfs moeilik vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners wat wou repatrieer om terug te keer huis toe.

Soos wat die land deur die verskillende inperkingsfases beweeg het, het die Departement van Binnelandse Sake ook telkens hul doelstellings verskuif oor wanneer hulle sou oopmaak of sluit en watter dienste gelewer sou word. Dit het ook bepaal wanneer die Visumfasiliteringsdienste (“Visa Facilitation Services” “VFS”) beskikbaar sou wees om dienste te lewer. VFS is die ontvangs-, versendings- en ontvangsagent vir die Departement van Binnelandse Sake. Die beregting van visums in Suid-Afrika word alles by die beregtingsentrum by die hoofkantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Pretoria gedoen.

Tydens die Vlak 5-inperkings was alle kantore gesluit – slegs noodreisdokumente vir goedgekeurde reise, en registrasies van geboortes en sterftes is uitgereik. Baie min ander prioriteitdienste is gelewer, insluitend Suid-Afrikaanse ambassades, hoëkommissariate, konsulaatkantore, sowel as die VFS-kantore.

Dit wil voorkom of daar baie min afstandswerk by enige van hierdie kantore gedoen is wat visums aanbetref. Alles het ook tot stilstand gekom toe daar min of geen vlugte na en van die land plaasgevind het nie, buiten vir vlugte met nood- of noodsaaklike vragte en voorrade.

Dit het ’n enorme las op alle huidige en beplande visumprosesse geplaas.

Toe die land Vlak 4 en later Vlak 3 binnegegaan het, het die Minister van Binnelandse Sake in die Staatskoerant aangekondig dat buitelanders wat reeds in Suid-Afrika was met geldige visums en nie kon terugkeer huis toe nie weens COVID-19-beperkings; en nie hul visums kon verleng nie weens die feit dat die VFS- en Binnelandse Sake-kantore gesluit was; se visums outomaties verleng en gewettig sou word. Dit het effense verligting gebring vir bekommerde visumeienaars.

Verskeie kantore van Binnelandse Sake was (en word steeds) van tyd tot tyd gesluit vanweë COVID-19-gevalle en die gevolglike ontsmetting van die kantore, wat normaalweg twee weke op ’n slag neem.

Nog ’n probleem wat in dié tyd na vore gekom het, was ’n string baie negatiewe uitkomste van visumaansoeke. Dit was duidelik dat die amptenare wat verantwoordelik was vir die beregting van visums nie die nodige aandag geskenk het aan sommige kwessies nie. Dit is sinneloos om hierdie besluite te laat hersien of daarteen te appelleer, want daar is geen manier om te voorspel hoe lank dit sal neem om so ’n aansoek te finaliseer nie.

Die huidige agterstand in die prosessering en verlenging van visums is twee tot drie maande of langer.

Wat permanente verblyfreg betref, is die situasie selfs nog erger. Met die aankondiging van die eerste inperking het die afdeling wat permanente verblyfreg hanteer ook ’n inperking betree en dit is steeds die geval.

Die VFS sal aansoeke om permanente verblyfreg ontvang en volgens ’n Staatskoerant van Julie 2021, sal die diens eers in Januarie 2022 hervat.

Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel is die skrywer nie bewus van enige aansoeke om permanente verblyfreg wat tydens die genoemde tydperk gefinaliseer was nie. Daar is talle aansoeke wat reeds vir langer as 5 jaar uitstaande is.

Wat die dienste wat aan burgers gelewer word betref, word slegs paspoorte, ID-kaarte en die registrasie van geboortes, huwelike en sterftes toegelaat.

Die kantoor vir die ontvangs van aansoeke vir naturalisasie, bepaling van status en alle aansoeke vir onverkorte (“unabridged”) sertifikate is sedert die begin van die inperking in Maart 2020 gesluit en is steeds gesluit ten tyde van die saamstel van hierdie artikel.

Indien jy enige navrae het oor enige van die bogenoemde aangeleenthede, stuur gerus ’n e-pos aan julian@immigration.org.za.

Meer oor die outeur

Julian Pokroy

Julian Pokroy Prokureurs: Spesialis in wetgewing oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingskap.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest