Leesvordering:

Die “hulle” wat naaste aan ons is

Mei 23, 2022

Vrydag was weer ’n pad-dag, en ek het so baie gehoor wat ek graag wil onthou. Onder andere die volgende:

Een van die wonderlikste dinge om te sien, is hoe God jou idees verander.

Tony Evans

Deel van grootword is om groter te dink, wyer te droom – en daarmee is niks verkeerd nie. Maar soos ek ouer word, wil ek kleiner dink, nouer vriendskappe hê eerder as méér, klein goedjies met groter sorg doen eerder as om soos ’n afkophoender alles op my doenlys te probeer klaarky.

Het Jesus dalk in Matteus 10:8 (The Message) vir die dissipels iets hiervan probeer leer:

Don’t begin by traveling to some far-off place to convert unbelievers. And don’t try to be dramatic by tackling some public enemy. Go to the lost, confused people right here in the neighborhood. Tell them that the kingdom is here.

Gaan na die verlorenes en verwardes (“lost and confused people”).

Vertel vir hulle dat daar uiteindelik ’n antwoord op al hulle vrae is.

Ek hoef nie alles te weet nie; ek kan hulle maar net die rigting wys.

En ja, daar is ander verlorenes en verwardes wat baie duisende kilometer van my af is.

Maar die dissipels naby hulle het dieselfde boodskap gekry.

As elkeen dan maar net die verlorenes en verwardes naaste aan hulle opsoek en bemoedig, kring die goeie nuus soos ’n magdom druppels van hoop uit totdat die deinings mekaar oorvleuel en almal uiteindelik een, groot waarheid deel.

Jakobus herinner ons daaraan dat ons wysheid van die Here mag vra. Dit is vir my elke dag so ’n wonderlike troos: As ek nie weet wie die verlorenes is of hoe om ’n gesprek met hulle aan te knoop nie, mag ek maar vra. En Hy sal my help – sonder om in sy mou vir my te giggel.

Wanneer die verwardes se verwarring my eie brein so konfoes dat ek nie meer seker is wat waar is nie, mág ek wysheid van die Here vra. En Hy sál my antwoord.

Nes Hy nie kan wag om vir óns goed te wees nie, net so kan Hy nie wag om vir die verlorenes en verwardes goed te wees nie:

En tog wag die Here nog altyd vir ’n kans om julle te wys hoe goed Hy vir julle is.

Jesaja 30:18 (Die Boodskap)

En Hy is deur ons goed vir hulle. 

Óns wys vir “hulle” wat die naaste aan ons is sy goedheid.

Die hulle wat naaste aan ons is.

Jou inspirasie vir die week: The reason

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest