Die jaar wat my lewe verander het!

10/05/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Clarise_The-Au-Pair

Deur Clarice de Jonge

Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed.

Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my studies te onderbreek en die komende jaar as ’n au pair in Nederland te gaan werk. Vanaf einde Oktober daardie jaar het ek te werk gegaan om die nodige inligting in te win en my dokumentasie en opleiding in plek te kry. Gedurende die voorbereidingsmaande het ek niemand van my planne vertel nie, omdat ek te bang was vir teleurstelling. Gelukkig, ná wat voel soos wonderwerke wat verrig is om alles in plek te kry, het ek opgewonde die sprong gewaag en Nederland toe vertrek.

As ek nou reflekteer op daardie besluit, besef ek dat ek dit meer in my daaglikse lewe moet implementeer. Ek het onderneem om nie my besluite te baseer op ander se opinies nie, maar wel op myself en my innerlike stem wat my lei. Ek het al baie by top-entrepreneurs gehoor dat ’n mens in die geheim moet werk en mense laat wonder. Ek kan nou sien hoekom almal eintlik daardie raad moet beoefen. Nadat ek in Amsterdam geland het, het ek besluit om my nuwe avontuur op sosiale media te deel. My vriende en kennisse was verras, sommiges selfs jaloers op die ongelooflike geleentheid en ervarings wat vir my gewag het. Aangesien ek alles in die geheim in plek laat val het, was daar niemand wat my probeer hinder het om my doel te bereik nie en die reaksie toe ek eindelik daar was, was definitief die stilstuipe werd.

In Nederland het ek skielik besef dat my wêreld eintlik klein gevoel het. Die gedagtes van ’n nuwe begin in ’n vreemde land was soms soos ’n vae droom en angswekkend, maar ek het myself getroos dat ek altyd terug kon keer na Suid-Afrika. Ek is ewig dankbaar dat ek nie opgegee het nie en die uitdaging met ope arms aangedurf en klaargemaak het. My tyd in Amsterdam was ongelooflik en ek het soveel ervaar en ook persoonlik gegroei en ek sien uit na al die nuwe avonture wat ek nog graag wil aanpak.

Terug in Suid-Afrika besef ek daagliks hoe baie hierdie ervarings vir my as persoon verbeter en hervorm het. Ek het besef dat ek baie onseker was van myself, my studierigting, asook die universiteitsgroep waarmee ek gevoel het ek nie kon vereenselwig nie. Ná my au pair-jaar – waartydens ek vir ’n jaar na myself moes omsien – het ek teruggekeer om my tweede jaar van studies met nuwe drif aan te pak. Die besef van die groot impak wat die jaar op my lewe gehad het was ongelooflik, en ek het besef dat ek nie meer aanvaarding van ander nodig het nie. Ek was gelukkig met myself en my nuutgevonde selfvertroue het vir my baie deure oopgemaak. Die au pair-jaar het baie vir my as persoon beteken. Ek het teruggekom in Suid Afrika met ’n nuwe waardering vir familie, kinders, my geloof, geld en alledaagse voorregte wat mense gewoonlik miskyk.

My topseswenke:

  1. Maak gebruik van ’n betroubare agentskap, ek het gebruik gemaak van The Au Pair.
  2. Wees bewus dat jy dalk jou familie gaan mis, sodat jy voorbereid is vir enige tye wat jy hartseer of alleen voel. Dit is normaal.
  3. Spandeer jou geld waarop jy wil! Moenie onverantwoordelik wees nie, maar ek dink nou nog terug aan toe ek by Angelina’s in Parys was en ek wens net ek het nog van die “pastries” gekoop wat ek nie wou koop nie as gevolg van die prys. Geld kom terug, maar herinneringe bly altyd.
  4. Oefen drie keer per week. Oefening is 1,5 keer meer effektief as enige anti-depressant wat ’n dokter vir jou kan voorskryf. Kyk na jouself!
  5. Gaan klop by jou bure! Ek het natuurlik goeie vriende gehad in verskillende dorpe, maar vir weeksdae wat ek bietjie broos gevoel het of bietjie wou kuier met ’n vriendin, kon ek net stap na een van my bure wat ek ontmoet het omdat ek gewaag het om myself voor te stel.
  6. As jy nie lekker voel nie, gaan dokter toe! Nederlanders dink ’n parasetamol kan alles oplos en ’n besoek aan die dokter is ’n mors van tyd. Ek het half skaam gevoel om dokter toe te gaan vir ’n keelseer en het toe nie, net om later uit te vind daai keelseer het longontsteking veroorsaak. Luister na jou liggaam en nie na ander mense nie.
  7. Sleutels is die belangrikste ding ooit! Kry vir jou iets wat om jou nek kan hang sodat jy sal besef as dit weg is. Stel ook ’n “check”-sisteem in om seker te maak jy vergeet niks nie.

Skryf vir ons


Werk jy tans as ’n au pair in die buiteland? Dalk het jy ’n oorbruggingsjaar geneem en as au pair gaan werk. Deel jou ervaring met ons.  

Foto: Red Morley Hewitt/ Unspalsh

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels