Leesvordering:

Die Klipkouers-wiele is weer aan die rol!

Apr 26, 2018

Eerstens wil ek groot om verskoning vra dat ek die afgelope tien weke so stil was. Soos jy teen dié tyd al weet, het ek en my gesin begin Februarie permanent teruggetrek Suid-Afrika toe en bly ons in Centurion (want Pretoria is 30 minute te ver van die Vrystaat af!).

Terselfdertyd het die Klipkouers-podsend die eerste Afrikaanse program op CliffCentral geword.

Ons het ook ʼn nuwe borg genaamd EXAH. Gaan luister bietjie na my onderhoud, Die manne van EXAH, om te hoor hoe hulle te werk gaan om besighede met 30% en meer te groei.

Dit beteken dat ek elke week in die CliffCentral-ateljee in Rivonia is waar ek in lewende lywe met Afrikaanse entrepreneurs en indrukmakers kan gesels. Natuurlik gaan ek aanhou om oorsese Klipkouers op te spoor met wie ek via Skype kan gesels.

Ek is ook betrokke by ʼn kommersiële groen Kanadese skoonmaakproduk genaamd InnuScience wat ons in die Ingilse besigheid (VanBroc) al vir ses jaar gebruik. Meer hieroor later.

Ek is regtig dankbaar om weer in my land en tussen my mense te kan wees, veral vir die voorreg om plekke as “toergids” vir my kinders te kan wys, lekker kos en nagereg te laat proe (melkkos!) en stories te vertel wat ʼn spesiale en belangrike deel van my grootwordjare uitmaak.

In die komende weke gaan ek jou ’n bietjie vertel oor hoekom ons teruggekom het en natuurlik hoe ons tans die dag tot dag lewe in Suid-Afrika ná 14 jaar in Ingilsland ervaar. Daar is immers ʼn realiteit aan Suid-Afrika wat nie altyd soos kondensmelk en moerkoffie proe nie, en dit sluit ons Afrikaners in.

Lekker week verder en onthou: Aanhouer Wen!

Groete

Jacques

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest