Leesvordering:

Die Lekkerbek Basaar is ’n jaarlikse instelling vir oud en jonk

Okt 4, 2021

Die Brisbane Afrikaanse Kerk het op 4 September hulle jaarlikse Lekkerbek Basaar gehou. Dit was ’n dag vol pret, plesier en baie om te eet.

Met ’n rits aktiwiteite soos armdruk, sakresies, pyl-en-boog-skiet, mieliepitspoeg en baljaar op die springkasteel, het die kinders hulle gate uit geniet. Die koeltebome het gesorg vir lekker kuierplek terwyl mense gesmul het aan eg Suid-Afrikaanse geregte soos kerrie en rys, jafels, vetkoek en maalvleis, sosaties, pannekoek of boereworsrolle.

Daar was ook ’n hele tafel met tuisgebakte soetgoed om van te kies en te keur. Dié wat hulle lywe jonk wou hou het aan die vlugbalkompetisie deelgeneem en Mansfield Christian Reformed Church het met die trofee weggestap.

Op die veiling was daar uiteenlopende produkte en dienste om van te kies – enigiets van messe skerpmaak tot ’n beskuitpan en vele meer. Inskrywings vir die fotografiekompetisie het die saal versier en mense kon by die vlooimark ’n verskeidenheid tuisgemaakte en ander produkte aanskaf.

Die Lekkerbek Basaar is ’n jaarlikse instelling en die Brisbane Afrikaanse Kerk bied ook ’n potjiekoskompetisie, skaapbraai en gholfdag aan. Maak seker jy volg ons op Facebook om op hoogte te bly van die kerk se funksies.

Die kerk hou elke Sondagoggend om 08:30 dienste in Afrikaans vanuit die Seventh Day Adventist Church in Londonstraat, Eight Mile Plains. Kom besoek ons gerus!

Baie dankie aan ons borge wat die dag moontlik gemaak het: Home Loans in Aus, Wêreldwyd en Rebel Hire. Ondersteun hulle asb. Dankie ook aan almal wat die dag bygewoon het. Volgende jaar maak ons weer so!

Groete in Christus,

Brisbane Afrikaanse Kerk

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest