Leesvordering:

Die mees algemene kwelvrae wat Suid-Afrikaners oor VK-visums vra

Nov 9, 2017

Met die groot diaspora van Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk (VK) bly en werk, is dit geen verrassing dat baie Suid-Afrikaners dikwels na die VK reis om vriende en familie te besoek nie. Ander wil ’n meer permanente skuif na die VK maak om te studeer of werk- en besigheidsgeleenthede te verken.

Ons konsultante het ’n paar antwoorde vir die mees algemene kwelvrae vanaf Suid-Afrikaners oor VK-visums saamgestel.

Toeristevisums

Kan ek werk terwyl ek met ’n toeristevisum in die VK is?

Nee. ’n Persoon met ’n standaard VK-besoeker- of toeristevisum word nie toegelaat om in diens geneem te word nie.

Ek moet dringend na die VK reis. Hoe lank sal dit neem om vir ’n visum aansoek te doen?

VK-toeristevisums word normaalweg binne vier weke van die datum van die indiening van jou visumaansoek verwerk, maar die Britse Hoë Kommissie het egter ’n prioriteitsdiens beskikbaar teen ’n addisionele koste. Dié prioriteitsdiens verwerk VK-toeristevisums binne vyf werksdae.

Betaling vir prioriteitsdiens waarborg nie dat jy ’n visum toegestaan sal word nie, en moet steeds aan al die nodige vereistes voldoen word. Hou ook in gedagte dat toeristevisumaansoeke nie terugbetaalbaar is nie. Sou jou aansoek vir ’n toeristevisum onsuksesvol wees, sal jy jou visumaansoekfooi verloor.

Ons Suid-Afrikaanse kantore kan help met prioriteitsaansoeke vir VK-visums.

Reis na Suid-Afrika met my buitelandse paspoort

Ek het dubbelburgerskap – Suid-Afrikaans en ’n EU-paspoort. Mag ek met my EU-paspoort in en uit Suid-Afrika reis?

Ons kry gereelde navrae van Suid-Afrikaners met dubbelburgerskap oor of hulle na Suid-Afrika moet reis met hul buitelandse paspoort of met hul Suid-Afrikaanse paspoort.

Dit is belangrik om kennis te neem dat, ingevolge die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap, 1995 (Wet No. 88 van 1995) dit ’n oortreding is om na Suid-Afrika te reis met ’n buitelandse paspoort as so ’n persoon die reg het om van ’n Suid-Afrikaanse paspoort gebruik te maak.

Dus moedig ons mense aan wat die reg het om van ’n Suid-Afrikaanse paspoort gebruik te maak om te verseker dat hierdie reisdokument altyd geldig en op datum gehou word vir reisdoeleindes na Suid-Afrika.

Engelse taalvereiste

Ek doen aansoek vir ’n VK-studentevisum en moet blykbaar aan ’n Engelse taalvereiste voldoen. Is dit nodig as my huistaal Engels is?

Aansoekers wat burgers van lande met ’n meerderheid Engelssprekendes is, en wat ’n graad behaal het wat in Engels aangebied is, sal nie vereis word om aan die Engelse taalvereiste te voldoen nie. Suid-Afrikaners, veral dié wie se moedertaal Engels is, is altyd verras om uit te vind dat hulle ’n Engelse Taaltoets moet skryf. Dít is omdat Suid-Afrika nie as ’n meerderheid Engelssprekende land deur die tuiskantoor gesien word nie.

Let op dat verskillende studiekursusse verskillende vlakke van Engelse taalvereistes het. Kontak asseblief een van ons konsultante vir meer spesifieke raad in jou geval.

VK-deurgangsvisums

Ek gaan later vanjaar via Heathrow, Londen vlieg. Het ek ’n deurgangsvisum nodig?

Jy sal nie ’n deurgangsvisum benodig nie indien jy:

  • Aankom en vertrek per vliegtuig.
  • ’n Bevestigde volgende vlug het wat op die dag van aankoms of voor middernag op die dag ná jou aankoms vertrek.
  • Die regte dokumente vir jou bestemming het (bv. ’n visum van daardie land).
  • Op reis is na Australië, Kanada, Nieu-Seeland of die VSA en ’n geldige visum vir daardie land het.

Indien jy op reis is na enige ander bestemming (buiten die bogenoemde) sal jy ’n deurgangsvisum benodig.

Breytenbachs Immigration Consultants spesialiseer in VK- en SA-migrasiesake. Ons hoofkantoor is in Londen en ons het filiaalkantore in Pretoria en Kaapstad.

Indien jy meer inligting oor enige VK- of SA-migrasiesake benodig, besoek gerus ons webtuiste by www.bic-immigration.com of stuur ‘n e-pos na info@bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest