Leesvordering:

Die potte gaan prut by BAK se potjiekoskompetisie 2023

Mar 18, 2023

Die Brisbane Afrikaanse Kerk (BAK) se jaarlikse potjiekoskompetisie vind op 27 Mei 2023 plaas.

Is jy dalk ’n bobaaspotjiekosmaker of hou jy net daarvan om lekker om die potte te kuier? Dan is hierdie geleentheid vir jou! Ons is op soek na mense om potte in te skryf. BAK beoog om vyftien verskillende potte op die dag daar te hê om aan te smul.

Jy hoef nie ’n pot te maak om saam te kom kuier nie. Jy kan kaartjies koop net vir die saamkuier en eet! Moenie te lank wag om jou kaartjie te koop nie, want die potjiekoskaartjies het verlede jaar uitverkoop.

Koste:
$30 vir volwassenes
$15 vir kinders tussen 5 en 12 jaar
Kinders onder 5 jaar is gratis
Die koste sluit ’n heerlike bord potjiekos in (jy kan kies van watter pot jy wil eet) en nagereg.

Koop jou kaartjies hier: https://www.bak.org.au/kalender.

Daar is groot pryse op die spel vir die wenpotte! Baie dankie aan ons borge wat die dag moontlik maak: AfriForum Wêreldwyd, De Beer Meat Company, Home Loans in Australië, The Advice Studio en Dr. Hendrik van Wyk. Ondersteun hulle asseblief.

Eerste prys:
$750 kontant geskenk deur De Beer Meat Company.

Tweede prys:
Vyf kaartjies na Afrikaans is Lekker – Brisbane op 16 Julie 2023 geskenk deur Home Loans in Australië. Die waarde van die prys is $500.

Derde prys:
Wishcard ter waarde van $300 geskenk deur The Advice Studio.

Beste tema:
Visa -geskenkbewys van $150 geskenk deur Dr. Hendrik van Wyk van Old Cleveland Road Clinic in Carina.

Dankie ook aan AfriForum Wêreldwyd wat weer as die jaar se terreinborg optree.


Kontak vir Sunél of Derek by sunel@wildzebra.com.au of derek.vanrenen@gmail.com vir meer inligting of as jy ’n potjie wil inskryf.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest