Leesvordering:

Die prentjiemooi Cliffs of Moher

Jul 2, 2019

Ierland is vreeslik mooi, veral as jy van die droë Vrystaat af kom. As ek die naam Ierland hoor, dink ek eerste aan ‘n pint Guinness en die groen heuwels. My oë neem dikwels ‘n rukkie om aan al die groen gewoond te raak, veral in die platteland. Verskillende skakerings van groen strek so ver as wat die oog kan sien. En wanneer die son skyn – wat maar min gebeur, al is dit somer – is alles ekstra helder. Elke liewe blaar en grassie lyk dan of dit met ‘n highlighter ingekleur is.

Een plek wat jy net móét besoek wanneer jy in Ierland kom, is die Cliffs of Moher, een van Ierland se gewildste toeristetrekpleisters. Dit is aan die weskus in County Clare geleë, sowat 80 km van die stad Galway af. Die pad soontoe is baie kronkelrig. As jy soos ek is, sal ‘n busrit jou naar maak, daarom sal ek jou aanraai om liewer ‘n kar te huur en self daarheen te ry. Die pad loop deur ‘n baie mooi landskap en jy kan op pad na die Cliffs ander besienswaardighede soos die Dunguaire Castle besoek.

Ierland se weskus is bekend vir sy slegte weer. Die meeste van die weerkantoor se waarskuwings geld gewoonlik vir Galway en Clare. Trek laag op laag aan wanneer jy na die Cliffs of Moher toe gaan, want jy kan op een dag al vier seisoene beleef. Jy moet warm genoeg aantrek, maar ook kan uittrek as dit te warm raak. Gemaklike skoene is ‘n móét en sorg dat jy lekker dik sokkies dra. ‘n Mens stap nogal ver op die rotse; sorg dus dat jy reg is daarvoor.

Ons het besluit om die hele pad (ongeveer 12 km) te stap en dit was absoluut die moeite werd! Aanvanklik was dit nogal reënerig en koud, maar later het die son lekker warm geskyn. Bly maar so ver as moontlik van die rant af, want daar is kort-kort ‘n rukwind wat jou kan rondgooi omdat dit so hoog is.

‘n Paar feite oor die Cliffs of Moher:

Soos amper alles in Ierland het die Cliffs ‘n baie ryk geskiedenis. Gaan maak gerus ‘n draai by die toeristesentrum. Daar is pragtige foto’s van en inligting oor al die diere en plante in die omgewing.

  • Die suidelikste punt van die Cliffs is 120 m hoog en die noordelikste punt is 214 m bo die Atlantiese Oseaan.
  • Die woord “Moher” kom van die ou Ierse woord “Mothar” wat “verwoeste fort” beteken. Die naam Cliffs of Moher verwys na die ruïnes van die Mohertoring op Hag’s Head (die suidelikste punt van die Cliffs) wat tydens die Napoleontiese oorloë (1803–1815) gebou is.
  • Die Cliffs of Moher was ongeveer 320 miljoen jaar gelede ‘n reuserivierdelta. Dit bestaan hoofsaaklik uit skalie en sandsteen en die kliplae is baie ryk aan fossiele.
  • Verwering deur seewater laat die onderste dele van die rotse afval, daarom moet jy veiligheidshalwe by die reëls hou wanneer jy daar stap.
  • Daar is ongeveer 30 000 voëls van omtrent 20 verskillende spesies by die Cliffs.
  • As die weer mooi is, kan jy dalk dolfyne, walvisse en robbe in die see sien.
  • Die Cliffs of Moher is ‘n gewilde plek vir die verfilming van flieks en musiekvideo’s. Harry Potter and the Half-Blood Prince (2009) en Leap Year (2010) is onder meer daar verfilm. Maroon 5 het die Runaway-musiekvideo daar verfilm en Westlife My Love.
Meer oor die outeur

Elsje du Toit

Elsje du Toit is ’n plattelandse meisie wat in die Noord-Kaap grootgeword het en later vir 5 jaar as joernalis by Volksblad en Netwerk24 in Bloemfontein gewerk het. Sy en haar man, JJ, bly sedert Januarie 2018 in Dublin. Hoewel sy al ’n rukkie hier bly, kan sy nog nie heeltemal aan die yskoue weer gewoond raak nie, maar tog geniet sy elke oomblik

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest