Leesvordering:

Die SA gemeente in Engeland bied ’n geestelike tuiste vir wêreldreisigers

Jul 28, 2022

Deur dr. Ferdie Clasen

PROMIESARTIKEL

Die Suid-Afrikaanse Gemeente bestaan sedert 1994, alhoewel die bediening in die buiteland reeds meer as 50 jaar gelede begin het!

Die gemeente bedien hoofsaaklik Afrikaanssprekende lidmate, maar daar word ook ruim voorsiening gemaak vir Engelssprekende persone. Daar word eredienste op vyf verskillende plekke regoor die land gehou. Die gemeente word in drie wyke verdeel. Die Noordwyk (al die gebiede noord van Londen) word deur ds. Andre Harmzen bedien; die Londenwyk deur dr. Rian Steyn en die Suidwyk (al die gebiede suid van Londen) deur dr. Ferdie Clasen.

Ons glo die kerk is ’n familie wat naby die Here lewe en sy liefde met die wêreld deel. Daarom het ons ons roeping as volg geformuleer: “Die SA Gemeente is ’n geestelike tuiste vir wêreldreisigers”. Terwyl ons glo dat mense moet “tuiskom” in ons gemeente, is ons deeglik bewus daarvan dat die kerk ’n eiesoortige (“geestelike”) tuiste is wat primêr gekenmerk word deur ons verhouding met die lewende Here. Die begrip “wêreldreisigers” sinspeel natuurlik op die lewenswyse van die meeste van ons lidmate, maar die ware betekenis daarvan lê op ’n veel dieper vlak … ons glo immers die Here wil ons gebruik waar ons ookal leef en werk … en reis!

Die lidmate van die SA Gemeente speel ’n belangrike rol in plaaslike gemeenskappe regoor die lengte en breedte van Engeland. Dié rol verskaf aan ons baie vreugde, maar stel ook baie uitdagings. Bid asseblief saam met ons dat die Here ons steeds sal toerus om dit so goed as moontlik en tot sy eer te doen!

En as julle weet van iemand wat op pad is Engeland toe, onthou asseblief om hulle te vertel dat hier ’n gemeente is wat hulle graag op hulle nuwe reis wil help om tuis te kom.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest