Leesvordering:

Die Slag van Donkerhoek – ’n keerpunt

Jun 9, 2022

’n Long Tom in aksie op ’n spoorwegwa, vermoedelik by Pienaarspoort. Die Long Tom is met mening tydens die Slag van Donkerhoek ingespan.

Deur Ilze Nieuwoudt
Dis Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is reeds in die hande van die Britte. In die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) het Paul Kruger en sy regering reeds Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. Die bomme val al by Sunnyside. Pretoria word sonder veel teëstand ingeneem en die Boere loop by die dosyne weg van die kommando’s. Die oorlog is verby en die Boere se moed is gebreek. Of só het dit gelyk totdat die Slag van Donkerhoek ’n keerpunt vir die Boere sou bring.

Dit is vandeesweek reeds 122 jaar sedert die Slag van Donkerhoek op 11 en 12 Junie 1900 op die rantjies oos en noordoos van Pretoria afgespeel het. In sy boek Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog (Kraal Uitgewers, 2020)* beweer én bevestig die skrywer Andries Breytenbach dat dié relatief onbekende veldslag ’n beduidende invloed op die res van die oorlog gehad het.

Volgens Breytenbach het dié veldslag ’n uitsonderlike bydrae gemaak om die Boere se krygsmoreel te verhoog. Die hoofstad van die ZAR, Pretoria, is skaars ’n week tevore deur die Britte ingeneem en verskeie senior Boeregeneraals was teen dié tyd reeds bereid om vrede te maak en het selfs by Kruger aanbeveel dat vrede gesluit word. “Hulle moreel was in die grond, maar toe hulle ’n week later hier veg, het die hele situasie omgedraai. Nadat hulle keer op keer aangeval is, het hulle daarin geslaag om vir twee dae lank die Engelse hier teë te hou en weer aan te gaan,” verduidelik Breytenbach. Volgens hom het Donkerhoek, oftewel Diamond Hill soos wat dit in Britse bronne bekendstaan, die Boere se moreel ’n noodsaaklike versterking gegee. “Dit [die Slag van Donkerhoek] het daartoe gelei dat daar waar die Boere gereed was om oor te gee, hulle vir byna twee jaar nog kon voortveg. En in daardie twee jaar het die heldedom van die Afrikaner eintlik na vore gekom en is dit gebore.”

* Kraal Uitgewers staan sedert Mei 2022 bekend as AfriForum Uitgewers.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest