Leesvordering:

Die Solidariteit Beweging eis dat ramptoestand beëindig word

Sep 18, 2020

Daar bestaan nie meer regverdiging vir die voortsetting van ’n ramptoestand nie, en die verskuiwing na vlak 1 van die nasionale inperking is te min te laat. Die Solidariteit Beweging gaan regstappe neem indien die regering op 15 Oktober dit weereens wil verleng.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging voer aan: “Die voortgesette inperking het alreeds in ’n baie groter ramp as die Covid-pandemie ontaard, en bedreig die lewensbestaan van miljoene mense. Dwang deur die staat behoort dadelik laat vaar te word ten gunste van persoonlike verantwoordelikheid vir mense se gesondheid.”

Volgens die Beweging het ’n ramptoestand net bestaansreg indien die staat die effek van die ramp beter as sy burgers en ondernemings kan hanteer. “Ons is verby die punt en moet begin om weg te beweeg van staatsbeheer na burgerlike verantwoordelikheid,” het Buys gesê.

Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit verduidelik die volgende: “Daar is hoegenaamd geen gegewens wat die denkrigting ondersteun dat die enigste manier om die dreigement van ʼn virus te bestry, is om ʼn land in sy geheel onder ʼn  kwasi-outokrasie te werp nie.”

Solidariteit stel dat selfs met die piek van die Covid-19-pandemie het die staat misluk om die pandemie effektief te bestuur. Hulle was, volgens Solidariteit, roekeloos met die bestuur van die ekonomie en kaders het die ramptoestand misbruik om te plunder.

“Die ramptoestand ingevolge die Rampbestuurwet is nou onlangs vir die sesde agtereenvolgende maand hernu ten spyte van die drastiese afname in die virus se impak, sowel as die drastiese toename in die skadelike impak van die inperking. Vlak 1 laat steeds te veel onsekerheid en plaas ʼn onbillike las op te veel mense,” het Human gesê.

“Dit is dringend nodig dat die land na ’n gesonde normaal terugkeer, sodat die werk om die land weer op te bou aangepak kan word. Die regering se nuutste plan om die ekonomie op dreef te kry gaan tot niks lei as vertroue in die landsbestuur nie vinnig herstel word nie. Vertroue is die enigste werklike stimulus wat die land uit die huidige doodloopstraat sal kan kry. Daarvoor is beleidsekerheid, fiskale dissipline, ’n skoon regering, bekwame landsadministrasie en regsekerheid noodsaaklik. Sonder om daadwerklik korrupsie, wanbestuur en beleidsrigtings wat tot die land se afgradering al voor die pandemie gelei het, aan te pak, sal ekonomiese planne net op papier bly,” het Buys voorts gesê.

“Werkskepping sal net gebeur as diepliggende hervormings aangebring word, en as sosialistiese planne en rassevoorskrifte laat vaar word ten gunste van bewese beleid wat ekonomiese groei bevorder,” het Buys afgesluit.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest