Leesvordering:

Die tiende seisoen van Boer soek ’n vrou is hier!

Okt 16, 2017

Om liefde te vind is nie so maklik soos mielies plant, met beeste boer of perde koop nie – en dis dié tamaai uitdaging wat maak dat mense nie genoeg kan kry van KykNET se trefferreeks Boer soek ’n Vrou nie. In die tiende seisoen is Minki van der Westhuizen terug om tien boere te help om ook in die liefde vooruit te boer. Die seisoen skop af met hoogtepunte van die afgelope seisoene en Minki besoek van die boere uit vorige seisoene om te hoor hoe dit met hulle gaan.

Daar is hierdie seisoen natuurlik weer tien nuwe boere wat na ware liefde op soek is en oudergewoonte kry hulle liefdesbriewe, gaan op blitsafsprake en kuier in die bondel om uiteindelik drie vroue te kies wat saam met hom die pad vat plaas toe. Op die plaas moet die vroue probeer aanpas by die lewe van ’n boervrou en besluit of hulle kans sien vir alles wat daarmee saamgaan, terwyl die boer ’n noukeurige keuse moet maak en ’n vrou kies wat perdalks net die kroon op sy boerdery sal span. Nuwe episodes van Boer soek ’n Vrou is vanaf 13 Oktober binne 24 uur van die kykNET uitsending in Suid-Afrika op ShowMax te sien.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest