Leesvordering:

DIE VOORTREKKERS GAAN GROOT IN 2021 EN TRAP STEEDS VANDAG DIEP SPORE

Mar 9, 2021

Die Voortrekkers vier vanjaar hulle 90ste verjaarsdag. Om dié groot mylpaal te vier, is ‘n spesiale feeslied, “Die Spore Wat Ons Los”, pas bekendgestel. Die lied word gesing deur die baie gewilde en talentvolle Adam Tas.

“Dit is ’n baie groot voorreg vir my om dié lied te sing. Ek is ’n groot voorstaander om jou kinders te leer van die geskiedenis. Jy moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy oppad is. Ek was as kind ook ’n Voortrekker vir ’n paar jaar. Daarom is die voorreg om vandag oor dié jeugorganisasie se 90ste bestaansjaar te sing, nog soveel groter vir my. (Die) Voortrekkers is in jou gegrond,” sê Adam.

Die lied is deur Johan Vorster, bekende liedjieskrywer, sanger en vervaardiger en sy mede-vennoot, Jacomien de Villiers, van Inhoud Huis Musiek, geskryf.

Hierdie besonderse lied,”Die Spore Wat Ons Los”, is ook deur Johan, wat al meer as 70 nommer een-treffers vir ’n verskeidenheid kunstenaars geskryf het, getoonset.  Liedjies soos De La Rey, Afrikanerhart en Die Gelofte (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi en Juan Boucher) het ook uit sý pen gevloei.

‘n Hoendervleis mooi musiekvideo vir hierdie lied is ook deur Dapper Media vervaardig en in die Voortrekkermonument verfilm.  Die video word binnekort bekendgestel.

Met hierdie lied, bevestig Die Voortrekkers nie net die ononderbroke rol wat dié jeugorganisasie vandag nog speel nie, maar soek ook die verband met die verlede op deur erkenning te gee aan die spore van gister.

Dr. Danie Langner, Hoofleier van Die Voortrekkers sê die Voortrekkerspore is in die kontoere van die Drakensberg gekerf, eers in 1837 deur die eerste Voortrekkers en daarna in 1968 en 2016 deur moderne Voortrekkers.  “Die lied is toekomsgerig, want ons storie word steeds in Afrika uitgekerf en die toekoms wink vir ons. Die lied bevestig die Voortrekkers se geloofsgrondslag, maar ook die Voortrekkerkarakter soos integriteit (’n Voortrekker se woord is sy eer), dade van durf en diensbaarheid. Dit is die spore wat ons wil los. Die lied roep Voortrekkers op om steeds die Voortrekkerfakkel veilig na môre te dra”, voeg hy by.

“Die Spore Wat Ons Los”

(Vers 1)

Ek is vas, stewig vas

op die Rots waarop ek hoop,

in my God, en in my woord.

 

Ons bly saam, elke tree

in die skadu’s van die berg,

ons storie word steeds uitgekerf.

(Koor)

En o (met heimwee) die spore wat ons los,

die spore het soveel gekos.

En nog steeds na al die jare,

is ons nog hier.

’n Nuwe droom in ons gebore

soos die toekoms wink vir ons.

Ons vergeet nooit die verlede

want dis deel van ons.

(Vers 2)

In ons durf, in ons daad

is ons tot soveel meer in staat

en ons sal oor ons helde praat.

Met een stem sal ons roep,

en opnuut die fakkel dra,

elke kind, en ma en pa.

(Brug)

En as ons trek, trek ons saam,

Voortrekkers by die naam!

“Die Spore Wat Ons Los” is beskikbaar op alle digitale platforms.  Laai dit hier af: https://AdamTas.lnk.to/DieSporeWatOnsLos

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Twitter: https://twitter.com/DieVoortrekkers

Webblad: https://voortrekkers.co.za/

Facebook: https://www.facebook.com/DieVoortrekkers/

Instagram: https://instagram.com/die_voortrekkers?igshid=1p2aq2qt9j34p

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest