Leesvordering:

Die vreemdste dinge om aan gewoond te raak in die buiteland – Deel 2

Aug 10, 2023

Ons het onlangs vir ons vriende in die buiteland gevra wat was die vreemdste om aan gewoond te raak in die buiteland. Ons het vreeslik baie antwoorde gekry. Hier is die 14 vreemdste dinge om aan gewoond te raak in die buiteland volgens ons AfriForum Wêreldwyd-vriende.

  1. In Hamburg, Duitsland, die somer se laataand-sonsondergang – soms eers 21:30 of selfs later. In die winter word dit eers 08:00 lig en dan weer donker as die son sak om 14:45 in die middag.
  2. In Swede kom jou sesmaandelikse tandartsafspraak in die pos vanaf die staat.
  3. In Nairiyah, Saoedi-Arabië, is verkeersirkels lewensgevaarlik! Vandag wag die ou binne die sirkel vir jou om in te kom en môre wag jy weer binne die sirkel vir die ander ou. Dit is nooit twee maal dieselfde nie. En jy moet jou roer, daar is geen tyd vir ’n stadige os nie. Hulle toet sommer vir jou. By die verkeersligte is daar soms nie op die oorkantste sypaadjie ’n lig nie. Die voorste motor kan dan gewoonlik nie die verkeerslig sien nie want dit is langs hom. Dan is die gebruik dat ouens verder agter jou die toeter blaas sodat jy kan weet die lig is groen om te ry.
  4. Kanada se winters – ons koudste hier was al -52 grade. En om ses maande van die jaar dik sneeu om jou huis te hê.
  5. Geen skoleatletiek en byeenkomste nie, geen rugby soos Bulletjierugby en netbal nie. Geen dirigente wat jamblikke, visblikke of so iets sing nie. Geen kaalvoet kinders nie. My seun was nie beïndruk toe hy met skoene en ’n hoed moes skool toe gaan nie. Vandag klink hy al Aussie maar gelukkig praat hy nog vlot Afrikaans.
  6. As iemand jou in die VK nooi vir “tea”, is dit aandete soos bv. vis en skyfies. “Tea is an in-between meal and not a full dinner.”
  7. Hier in Mexiko, waar ons nou al 21 jaar woon, het bure vir my jongste dogtertjie twee pare skoene gekoop omdat sy kaalvoet geloop het en hulle gedink het sy het nie skoene nie. Hier sien jy ook niemand sonder skoene loop nie, en ons het ook nou al gewoond geraak om altyd skoene te dra.
  8. Om ’n tjek in die pos te kry van die regering – weet nie eintlik waarvoor nie, omdat die petrolprys gestyg het? Dan neem jy ʼn foto met jou banktoep en so word die tjek gedeponeer.
  9. Motors wat in die straat voor die huis geparkeer word (die meeste huise het nie motorhuise nie.)
  10. In Kanada trek jy jou skoene uit voor jy in mense se huis ingaan. Dit is steeds vir my vreemd dat ’n klomp mense kuier in hul kouse en hope skoene by die voordeur lê.
  11. Om in ’n dorp te bly waar jy jou kar kan laat idle terwyl jy gou in die winkel inhol, en om te kan weggaan met vakansie sonder om jou huis te sluit.
  12. In Nieu-Seeland kom jou nuwe bankkaart saam met die gewone pos.
  13. Om heeltyd soos ’n nuwe speelding te voel as gevolg van vreemdelinge se onophoudelike “I LOVE your accent!”
  14. Geen diefwering nie: As daar ’n brand is, moet die brandweer kan inkom, en voertuie slaap buite en motorhuise word as stoorplek gebruik. Fietse en speelgoed lê die werf vol en word nie gesteel nie.

Woon jy in die buiteland? Wat was vir jou die vreemdste dinge om aan gewoond te raak toe jy geëmigreer het? Het jy dalk ’n interesante kulturele belewenis ervaar in die buiteland? Stuur vir ons jou storie na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest