Leesvordering:

Die vriendelike mense van – Ho Chi Minh-stad

Mei 12, 2016

Dis vroegoggend en die stad is so wakker en besig asof dit nooit geslaap het nie. Toe ons by die mark aankom, word ons met glimlagte en nuuskierige kyke begroet. Chợ Gò Vấp (of Go Vap-mark) is vol plaaslike inwoners wat vars vrugte, vleis, vis, speserye en verskeie ander produkte koop en verkoop wat ons Westerlinge gewoonlik in kruidenierswinkels koop. Glimlagte verskyn onder keëlvormige hoede en probeer ons oorreed om te koop wat hulle ook al verkoop. Sedert ons in die Klein Drakie (“Tiny Dragon”) van Suidoos-Asië aangekom het, is dit die soort gasvryheid wat ons ontvang – vriendelike en hulpvaardige houdings en geen teken van gejaagdheid nie.

Terwyl ons met ons kameras deur die mark stap, vra mense ons vir foto’s. Hulle lag vir die een wie se foto geneem word en hulle lag vir ons as ons foto’s neem van die (springlewendige) visse wat in ‘n bad rondswem en as ons nie verstaan wat hulle sê nie – ons Viëtnamees is beperk tot hallo, dankie en tel van 1 tot 10. Oral lag mense. Daar steek waarheid in die gesegde dat lag aansteeklik is. ‘n Man met ‘n hoender aan ‘n leiband kom na ons toe aangehardloop en hou ‘n vredesteken omhoog – net reg sodat ons hom kan afneem. Mans roep ons om foto’s van hulle vrouens te neem. En net toe ons wil loop, kom gooi ‘n tienerseun sy arm om my en vra ons moet hom ook afneem.

Hoewel die taalversperring baie opvallend is (vandaar die vraag na buitelandse Engelse onderwysers), is een ding seker: ‘n glimlag word in alle tale verstaan.

Agtergrond
‘n Reisblog deur ‘n getroude paartjie wat deur Suidoos-Asië reis.

Conrad & Mareli is twee pasgetroudes van sonnige Suid-Afrika. Hulle het onlangs besluit om alles op te pak en deur Suidoos-Asië te gaan toer, beginnende in Viëtnam. Volg hulle storie op hul webtuiste (http://www.findingcloudcuckooland.co.za/) en kyk na hulle foto’s of sê net hallo. Hulle is fotograwe, ontwerpers, organiseerders en is altyd op soek na nuwe geleenthede en avonture. Moenie huiwer om hulle te kontak nie!

 

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest