Leesvordering:

Dit is goed

Jan 24, 2022

Een van my vroegste herinneringe van ’n sandsiwwery kom nog van Davidstraat se dae af. Ek sien nog so helder soos gister hoe my boetie sand skep en deur die gestaanmaakte sif gooi om seker te maak die klippe bly eenkant – seker weer vir een van Pa Jan se projekte. 

Daar was verskeie suksesverhale: Die enig-in-hul-soort tuinimplemente gesweis uit sy ewig-analitiese ontwerpersbrein, die buitekamer wat ’n heerlike, koel grasdaklapa geword het, die 3 m hoë buite-broodoond waar hy eendag so swetsend gebrand het …

Daardie sandsiwwery kom toe in my eerstejaar weer by my op. Vervoeringenieurswese was nie die opwindendste vak nie, maar ten minste het ek iets verstaan van siwwe en klipgraderings en hoe elke grootte klip bedoel was vir ’n spesifieke taak.

Meer interessant, was die praktiese deel van Konstruksie. Hier kon ons in die laboratoriums ons eie beton aanmaak, blokke daarvan giet en dit dan laat droog word (“cure”) voordat ons moes toets hoe sterk dit was. 

Daar is nie iets soos “sement” wat uit die aarde kom nie. Dít wat ons in sakke by Builder’s koop, is ’n mengsel van kalk, klei en gips en gaan deur ’n uitgebreide proses tot dit in die sakke beland.  Wanneer ons bou, word dit dan gemeng met sand, water en klip om beton te maak.

In die aanmaak van ’n betonmengsel, is water die heel belangrikste komponent. 

Dit moet die suiwerste water moontlik wees, anders mag dit die sterkte van die beton beïnvloed.

En die water:sement verhouding is krities belangrik om die perfekte betonmengsel te verseker. 

Daar is egter nog ’n geheim.

Beton moenie uitdroog om hard en sterk te word nie.

Dit moet so lank as moontlik nat bly!

Die eenvoudige manier om dit te verduidelik is dat die sementdeeltjies “armpies” het wat na mekaar toe groei en hoe meer armpies aan mekaar kan vashou, hoe sterker sal die mengsel wees. Maar dit het water nodig om die armpies te laat groei.

(Onthou julle die Gremlin-flieks? Dis een fliek in die skoolsaal wat ek nooit sal vergeet nie! Ek weet nie hoe hulle ons kleintjies daar kon toelaat nie. Daai wolgedroggies wat groei as die water hulle tref, het my vir baie lank gejaag!)

Die ideaal is dus om die beton nat te hou sodat die armpies kans kan kry om hulle vatte ordentlik te vat, en daar word ’n 28-dae toets gedoen om juis dit te bepaal. Beton in praktyk kan egter tot jare vat om die maksimum sterkte te bereik. 

Dit is waarom ’n mens sal opmerk dat beton wat op bouterreine gegooi is, vir weke aaneen natgegooi word. 

“There is method behind the madness.”

Die water raak dieper en dit voel of jy sink.

Maar in Sy alwetendheid weet Hy dit maak jou makliker om mee te werk.

Sterker vir eendag.

En van die heel begin af het die Gees al begin om jou te sif totdat die regte deeltjies van jou vir jóú taak in jóú storie al is wat agterbly.

Sodat jy jare later kan terugstaan en sien: Dit was goed.

“Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde.

Die liefde bind alles volmaak saam.”

Kol 3:14 NLV

Jou temalied vir die week: Shelter in

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest