Leesvordering:

Dit is nie net haar droom nie, dis haar passie!

Mei 19, 2021

“Doen waarvan jy hou, moenie settle vir enige iets minder as dit nie!” Dít is die woorde van Monique Croukamp, wat pas afgestudeer het en as biokinetikus by MCG Biokinetics in Randburg praktiseer.

Croukamp se studies is moontlik gemaak deur die Helpende Hand Studietrust. Sy het in 2020 haar Baccalaureusgraad in Biokinetika aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf en beplan om binnekort verdere studies in biokinetika aan te pak en haarself met ’n meestersgraad in dié studierigting te bekwaam.

Croukamp vertel hoe haar oupa baie siek geword het terwyl sy nog op skool was en hoe sy moes toekyk hoe haar oupa se toestand vererger het met die wete dat sy niks vir hom kon doen nie. Jare later, nadat sy haar oupa aan die dood afgestaan het, het sy biokinetika ontdek en besef hoe dié dissipline nie net die fisieke liggaam kan genees nie, maar ook ’n mens se emosionele welstand kan reguleer en bevorder.

Sy vertel verder dat dit haar passie en droom is om mense te help om hulle lewenskwaliteit te verbeter, net soos die Helpende Hand Studietrust haar lewenskwaliteit verbeter het. Croukamp noem ook dat haar pasiënte een van haar grootste dryfkragte is. “My motivering is byvoorbeeld om te sien hoe ’n pasiënt se rugpyn, waarmee hy al vir vyf jaar saamleef, uiteindelik weg is en dat hy weer sy kind kan optel en vashou.”

Croukamp laat egter nie gras onder haar voete groei nie en is reeds besig met ’n kursus in lewensafrigting waarmee sy graag wil help om nie net die fisiese welstand en gesondheid van haar pasiënte te bevorder nie, maar ook die emosionele en geestelike welstand.

“My toekomsdroom is om goed gevestig te wees in ’n biokinetikapraktyk en ’n goeie verwysingsnetwerk te hê sodat ek die beste moontlike behandeling vir my pasiënte kan bied.”

“Suid-Afrika het ’n tekort aan mediese personeel; jóú bydrae kan help om die tekort aan te spreek,” sê Mia Wesseloo, fondsbestuurder van die Helpende Hand Studietrust.

Klik hier om ’n behoeftige student se studies te borg.

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum administreer tans 220 studiefondse ter waarde van R238 miljoen waarmee ons reeds meer as 6300 behoeftige studente se studies, oor die laaste 11 jaar moontlik gemaak het.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest