Leesvordering:

Dit is tyd vir ’n virtuele perdeherdenkingsrit-avontuur!

Jul 9, 2021

Druk die vier mure jou vas? Ons voorstel vir die tweede beste manier om jou jeukende tone te streel en solank aan ’n toekomstige avontuur te beplan, is om virtueel die perdeherdenkingsrit van 2019 te herleef.

Die groep ruiters wat vir hierdie herdenkingsritte verantwoordelik is, het sedert 2012 al oor die 2 000 kilometer afgelê en meer as twintig monumente en erfenisgebiede besoek om bewusmaking vir ons erfenis te skep. Hulle word onder andere deur AfriForum, Helpende Hand en die FAK ondersteun.

Die ritte het in 2012 begin toe drie vriende op hulle perde geklim en van Pretoria na Bloedrivier gery het. Die volgende jaar het ’n groter groep ruiters van Sterkfonteindam na die Bloukransmonument vertrek. In 2015 het hulle die pad van Pretoria na Bloemfontein aangepak. Die rit van 2017 was korter: dit het van die Uniegebou na die Voortrekkermonument gestrek en aan die einde daarvan het die ruiters en perde die Geloftefees by laasgenoemde bygewoon. In Januarie 2018 ry hulle van die Voortrekkermonument na Fort Klapperkop as deel van die 120-jarige Anglo-Boereoorlogherdenking. Teen Junie 2018 het die langer paaie hard geroep en is van die Vrouemonument in Bloemfontein na Kimberley gery. Vanaf 22 Junie 2019 het hulle van Kimberley na Upington gery en talle minder bekende erfenisbakens besoek. AfriForum was andermaal een van die trotse borge van dié rit.

In 2020 en tot dusver ook vanjaar het COVID-19-inperkings ’n volgende rit onmoontlik gemaak. Dit ruiters gaan daarom in die komende dae weer hulle avonture van 2019 met ons deel. Besoek gerus die Facebookblad “Herdenkingsritte” om hulle vertellings oor die wedervaringe en hulle asemrowende beeldmateriaal te geniet. Ons sê dankie vir die geleentheid en sien uit na die dag wanneer ’n nuwe rit moontlik is!

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest