Leesvordering:

Dubbele burgerskap – die prosedures wat gevolg moet word

Okt 28, 2016

In ’n scenario waar vaardighede wêreldwyd voortdurend verskuif en verander, is Suid-Afrikaners wat kort- en mediumtermynkontrakte met oorsese maatskappye aangaan, op soek na hul voorvaders se wortels om te bepaal of hulle kwalifiseer vir paspoorte van ander lande wat dit vir hulle makliker sal maak om tussen lande te beweeg.

In ’n ideale wêreld kan Suid-Afrikaners wat wil gaan werk in ’n land wat lid is van die Europese Unie (EU-lidland) en wat volgens hulle afkoms kan aanspraak maak op ’n paspoort van ʼn EU-lidland, aansoek doen vir dié paspoort. Dan hoef hulle nie deur al die formaliteite te gaan om ʼn visum te bekom om in daardie land te werk nie.

Iets wat egter nie algemeen bekend is nie, is dat persone wat graag hul Suid-Afrikaanse burgerskap wil behou, volgens wet moet aansoek doen om die behoud van hulle Suid-Afrikaanse burgerskapstatus voordat hulle ’n buitelandse paspoort bekom. As hulle nie aan hierdie wetlike vereiste voldoen nie, sal hulle outomaties hulle Suid-Afrikaanse burgerskap verloor op die datum waarop hulle buitelandse burgerskap verkry met die ander paspoort. Dit is ’n duur prys om te betaal, maar baie lande ter wêreld het sulke streng maatreëls of selfs strenger in plek.

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika verbied nie dubbele burgerskap of selfs burgerskap van verskeie lande nie. Die skrywer is van mening dat dit moontlik ongrondwetlik is om iemand in so ’n geval outomaties te ontneem van sy/haar burgerskapstatus, maar totdat dit in die Konstitusionele Hof getoets is, word die status quo gehandhaaf.

Dit is dus belangrik om daarop te let dat Suid-Afrikaanse burgers wat van voorneme is om buitelandse burgerskap te verkry, eers moet aansoek doen vir die behoud van hul Suid-Afrikaanse burgerskapstatus. Eers wanneer dit afgehandel is, kan hulle formeel ’n buitelandse paspoort bekom.

Jy kan ’n gratis assesseringsvraelys oor burgerskapkwessies invul by http://www.immigration.org.za/ om jou situasie te evalueer. Die skrywer kan jou ook help om jou status te bepaal en aansoek te doen om behoud van burgerskap.

Die outomatiese verlies van burgerskapstatus spruit uit die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap (No. 88 van 1995 en daarna). As buitelandse burgerskap voor daardie datum verkry is, moet ’n proses steeds gevolg word om vrygestel te word van die verlies aan Suid-Afrikaanse burgerskap.

Sedert die mees onlangse wysiging aan die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap is dit ook ʼn wetlike vereiste dat ʼn Suid-Afrikaanse burger wat ʼn ander paspoort hou, Suid-Afrika met sy/haar Suid-Afrikaanse paspoort moet verlaat en binnegaan. Dit is in ooreenstemming met internasionale beste praktyk. Net so moet ’n Suid-Afrikaner in besit van ’n Britse paspoort die Verenigde Koninkryk met sy/haar Britse paspoort binnegaan en verlaat.

Dit is verder ’n strafregtelike oortreding vir Suid-Afrikaners met dubbele burgerskap om enige voordeel uit hulle buitelandse paspoort te trek waarop hulle nie normaalweg geregtig sou wees het met hul Suid-Afrikaanse paspoort nie, soos om BTW-terugbetalings te eis waarop hulle nie geregtig sou wees nie.

Van die vrae wat terugkerende Suid-Afrikaners ons die meeste vra, het te doen met die feit dat hulle nie besef het dat hulle hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het omdat hulle die prosedures nie behoorlik gevolg het deur eers aansoek te doen om die behoud van hul Suid-Afrikaanse burgerskapstatus nie. Dit beteken dat hulle tegnies ʼn visum benodig om Suid-Afrika met hul buitelandse paspoort binne te kom, tensy hulle ander administratiewe prosesse volg. ʼn Suid-Afrikaans gebore persoon wat outomaties sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus verloor het, behou wel die reg op permanente verblyf in Suid-Afrika en kan aansoek doen om sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus terug te kry. ʼn Krisis sal egter ontstaan indien hy/sy in Suid-Afrika aankom met ʼn buitelandse paspoort sonder ʼn visum om die land binne te kom. Alternatiewelik kan hulle ʼn 90-daebesoekersvisum kry, maar dit is nie die regte visum nie.

Jy kan gerus die skrywer by enquiries@immigration.org.za kontak met navrae oor enige van die bogenoemde kwessies.

JULIAN POKROY
JULIAN POKROY PROKUREURS
SPESIALIS IN WETGEWING OOR IMMIGRASIE, BURGERSKAP EN VLUGTELINGSKAP

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest