Leesvordering:

Eerste Vryheidsoorlog: Koeëls klap rondom Pretoria!

Jan 16, 2019

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 was ’n kort, maar intense stryd tussen die Transvaalse burgers en die Britte. Nadat Brittanje die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1877 geannekseer het, het verskeie pogings van die Transvalers gevolg om hul onafhanklikheid terug te kry – elke keer sonder sukses.

Pretoria, die setel van die Brits beheerde Transvaal, het gedurende die oorlog onder beleg van die Boerekrygers gekom en verskeie veldslae het rondom die hoofstad plaasgevind. Die bekendste hiervan is waarskynlik die geveg by Rooihuiskraal. Hoewel die Boere gedurende die hele oorlog die oorhand oor die Britte gehad het, het die geveg by Zwartkopje, net oos van die stad naby die teenswoordige buurte Silverton en Die Wilgers, in die guns van die Britte geval. Dit was die Britte se enigste beslissende oorwinning van die oorlog.

Lees meer oor dié geveg, die Beleg van Pretoria en die oorlog in Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881, die nuutste boek van die historikus dr. Jackie Grobler. Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie en hier om die daaglikse gebeure van die oorlog te volg.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest