Leesvordering:

Ek emigreer, wat word van my voorsorgfonds?

Aug 17, 2017

Vraag: Ek is 31 en beplan om na Ierland te verhuis in die volgende paar maande, so ek moet besluit wat om met die geld (R550 000) in my voorsorgfonds te maak. Ek kan nie besluit of ek dit hier in Suid-Afrika moet belê of oorsee nie, en ek weet nie wat die belastingimplikasies is indien ek besluit om dit oorsee te belê nie. Ek beplan nie om terug te keer na Suid-Afrika nie, so dit maak sin om dit oorsee te belê, dink ek? Indien wel, waar begin ek?

Antwoord: In ag genome dat jy nie beplan om na Suid-Afrika terug te keer nie, neem ek aan dat jy formeel emigreer of ten minste formele emigrasie oorweeg. ’n Emigrant is onderhewig aan dieselfde wetlike vereistes – tot die mate wat dit van toepassing is – as ’n reisiger wat Suid-Afrika verlaat. Dus sal jy al jou finansiële besittings, insluitend jou laste, by die bepaalde owerhede moet verklaar voordat jy die land verlaat. Hierdie owerhede sluit die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ens. in.

Een van die redes waarom ek jou sal aanraai om die roete van formele emigrasie te volg, is om enige moontlike toekomstige komplikasies met jou annuïteitsinkomste in ’n ander land te vermy. Die meeste lande hef belasting op die wêreldwye inkomste wat deur ’n inwoner van daardie land verdien word, asook op inkomste wat deur nie-inwoners op hul plaaslike inkomste verdien word. Vir hierdie rede kan iemand dubbel belas word, omdat hulle in die land waarin hulle woon asook die land waar die inkomste verdien word, belas kan word.

Sekere lande het ooreenkomste om dubbelbelasting te vermy. Normaalweg voorsien hierdie ooreenkomste dat inkomste van ’n sekere aard slegs in een van die twee lande belas sal word of belas mag word in beide lande en die land waar die persoon woon sal vir ’n krediet voorsiening maak vir die belasting wat deur die land van oorsprong gehef is. Suid-Afrika het ooreenkomste met ’n aantal lande om dubbele belasting van inkomste te voorkom, onderhewig aan toekomstige veranderinge in verhoudings tussen die lande en wetlike veranderinge.

Waar om te begin

  • Dien ’n formele aansoek in by die SARB en kry belastingklaring by die SAID. Met die belastingklaring in hand, kan jy dan jou aansoek by die SARB indien om jou status na nie-inwoner te verander.
  • Onttrek jou bates. Sodra jy deur die SARB vir finansiële emigrasie goedgekeur is, sal jy ’n bankrekening as nie-inwoner moet open. Bewys van hierdie rekening is nodig vir die verhuisingsproses om te verseker dat alle wisselbeheerregulasies nagekom word. Teen hierdie tyd kan jy dan by jou finansiëlediensverskaffer (voorsorgfonds) aansoek doen om jou pensioenvoorsorg of -voordele te onttrek. Hierdie onttrekking is onderhewig aan belasting en die finansiëlediensverskaffer sal by die SAID moet aansoek doen vir ’n belastingdirektief. SAID sal die aansoek goedkeur en bevestig wat die belastingbedrag is wat van jou voorsorgfonds afgetrek moet word voor onttrekking. (Jou bedrag van R550 000 en ook jou ouderdom in ag geneem, sal slegs jou eerste R25 000 nie onderhewig wees aan belasting nie en die balans sal onderhewig wees aan 18% belasting op alle bedrae bo R25 000, soos per die huidige onttrekkingsvoordeelbelastingtabel. Onthou dat jy steeds wetlik toegang tot al jou finansiële voordele binne jou voorsorgfonds toegelaat word.)
  • Plaas jou fondse oor na ’n aflandige rekening. Plaas al jou fondse na die nie-inwonerrekening wat jy oopgemaak het oor. Sodra die bank die groen lig gee, kan jy die fondse in jou bankrekening in die land waarheen jy emigreer, oorplaas. Hierdie fondse kan dan gebruik word soos jy wil – baie mense sal byvoorbeeld die fondse herbelê in ’n skema in die nuwe land waarheen hul emigreer, onderhewig aan die reëls en wetlike vereistes.

Hoe lank sal die finansiële emigrasieproses neem?

  • Een tot twee maande vir jou om die nodige papierwerk af te handel en in te handig.
  • Twee maande vir die SAID en die SARB om jou finansiële emigrasie- en belastingklaringaansoeke goed te keur. Indien jou belastingsake nie op datum is nie, sal hierdie langer neem.
  • Twee maande om die onttrekking van jou fondse af te handel.

Bron: Moneyweb (geskryf deur Dez Tswaile vertaal deur AfriForum se Taalburo)

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest