“Ek is die blyste dat jy my net gelos het, Ma”

Deur Marisa Haasbroek

Hierdie week is ek baie opgewonde om groot nuus met jou te deel.

My dogter, Annamaria het ʼn internskap losgestaan by die bekende animasie-ateljee Pixar. Ja, sy gaan sowaar die kans kry om onder andere die bekende klein lampie van Pixar allerhande animasietoertjies te laat uitvoer.

Daar is net ses mense gekies om die animasie-internskap te deurloop. Gelukkig kan sy dit, as gevolg van Covid, van die huis af doen. Dis ʼn stywe program, twaalf weke van agt ure se werk elke dag. Elke intern kry sy of haar eie mentor en hulle moet ook klas draf.

Die Haasbroeke is natuurlik in die wolke. Maar dit voel nog of dit nie werklik is dat ʼn Afrikaanse meisietjie wat nooit skool toe is nie, nie formeel matriek geskryf het nie en nie op universiteit was nie, so ʼn groot prestasie kon behaal.

Maklik was dit nie aldag nie. Hier teen die middel van haar opleidingstyd was Annamaria so moedeloos en oortuig dat sy nie goed genoeg is nie. Dit was ongelooflik om te sien hoe sy haarself afgerig het om haar kop reg te kry om te bly uitsorteer wat sy moet doen om haar vaardigheidsvlak te verbeter. Een van die moeilikste dinge wat sy moes doen is om haar doelbewuste blootstelling aan kritiek meer te maak.

Ek hoop van harte die onderhoud wat ek met haar gevoer het, gaan jou en jou kinders inspireer om deur te druk en aan te hou op pad na julle drome.

Natuurlik moes ek haar aan die einde van die onderhoud vra: “Het tuisskool gewerk en hoekom?”

Haar antwoord hierop? “Ek is die blyste dat jy my net gelos het om my eie ding te doen.”

Luister hier na die onderhoud.

Onthou, dis ook op beskikbaar op Apple Podcasts en Spotify.

Ek moes mooipraat maar Annamaria het ingestem dat ons ook ʼn video van die onderhoud vrystel. Jy kan hier op YouTube daarna kyk.

Marisa

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest