Ekspatbelasting verander vanaf 1 Maart 2020: Hoe belasting op buitelandse vergoeding benader word

07/02/2019
| Deur Fanus Jonck
daniel-h-tong-1311835-unsplash

Daar is tans belastingvrystelling vir Suid-Afrikaners: Indien jy vir 183 dae of meer in die buiteland is met ten minste een reis van 60 agtereenvolgende dae (nie van toepassing op skeepspersoneel nie), dan is die buitelandse inkomste wat buite Suid-Afrika verdien is ingevolge Artikel 10(1)(o)(ii) van die Inkomstebelastingwet, 1962 (Wetno. 58 van 1962) van belasting in Suid-Afrika vrygestel. Hierdie vrystelling is steeds geldig, maar die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangedui dat dié vrystelling vanaf 1 Maart 2020 slegs op ’n maksimum van R1 miljoen in verdienste van toepassing sal wees. Hierdie is die enigste verandering: ’n Perk is op hierdie vrystelling ingestel.

Indien jy dus in die buiteland werk en R100 000 per maand (R1,2 miljoen per jaar) verdien, sal die maksimum bedrag wat moontlik belasbaar word R200 000 wees. Daar is egter ’n aantal ander toetse en/of faktore wat in ag geneem moet word.

Ingesetebelastingbetalertoets

Die toets vir ingesete belastingbetalers (Engels: tax residents) is dat enige individu wat gewoonlik (soos in gemene reg gedefinieer) woonagtig is in Suid-Afrika tydens die assesseringsjaar of, in gebrek daarvan, aan al die vereistes van die fisieseteenwoordigheidstoets voldoen, as ingesete belastingbetaler geag sal word. ’n Persoon word as gewone inwoner gesien in die land waar hy of sy primêr woon en gedryf word deur bedoeling, indiensneming, ligging van persoonlike besittings en waar hul familie gebaseer is. Indien normale inwoning nie bepaal kan word nie, sal die fisieseteenwoordigheidstoets ’n vyfjaartoets wees van die tyd wat jy binne Suid-Afrika deurbring. Om Suid-Afrikaanse burgerskap, ’n Suid-Afrikaanse ID-boek of ’n Suid-Afrikaanse paspoort te hê sal jou nie by verstek ’n ingesete Suid-Afrikaanse belastingbetaler maak nie.

Byvoorbeeld: Indien jy jou huis in Suid-Afrika verkoop het en met jou gesin na Nieu-Seeland getrek het, jy huur of besit ’n huis in Nieu-Seeland, jou kinders gaan skool in Nieu-Seeland en jy werk daar, dan is die kanse goed dat jy nie ’n ingesete belastingbetaler van Suid-Afrika is nie. Die nuwe wysiging sal dus geen invloed op jou hê nie, aangesien die SAID slegs nie-inwoners kan belas op dit wat hulle van ’n bron binne Suid-Afrika verdien. Dit sal dus nie vir jou nodig wees om finansieel te emigreer om nie belasting te betaal nie.

Dubbelbelastingooreenkomsbeskerming

Suid-Afrika het ongeveer 60 dubbelbelastingooreenkomste (DBO’s) met verskillende lande. Die meeste van hierdie ooreenkomste is op dieselfde model geskoei, en pas die reël toe dat die land waarin die belastingbetaler vir 183 dae of meer per jaar gewerk het normaalweg die land sal wees wat die reg het om die verdienste te belas. Dus, as jy buite Suid-Afrika werk – in ’n land waarmee Suid-Afrika ’n DBO het – vir meer as 183 dae, dan is jou verdienste as gevolg van hierdie DBO se beskerming nie in Suid-Afrika belasbaar nie.

As ’n voorbeeld: Mev. Jordaan en haar man gaan werk in Duitsland vir 18 maande. Hulle hou hul huis in Suid-Afrika en is tydelik in Duitsland, met die bedoeling om na Suid-Afrika terug te keer en is daarom ingesete belastingbetalers van Suid-Afrika. Ingevolge Artikel 13 van die DBO wat ons met Duitsland het, en omdat hulle daar is vir meer as 183 dae, is die verdienste slegs in Duitsland belasbaar. Hulle het geen belasting in Suid-Afrika betaalbaar nie en die verandering raak hulle nie.

Buitelandse belastingkrediet

Enige buitelandse belasting wat jy betaal sal ook teen jou Suid-Afrikaanse belasting gekrediteer word. Byvoorbeeld: Tydens die 2020/2021-belastingjaar werk jy vir 4 maande in Frankryk, waar jy R800 000 verdien en 15% belasting gehef word. Daarna gaan werk jy vir 6 maande in België, waar jy ’n verdere R800 000 verdien en 20% belasting gehef word. Jou somtotaal in buitelandse verdienste sal R1,6 miljoen wees en jy sou dan R280 000 in belasting betaal het. Omdat jy ’n ingesete belastingbetaler is, sal jou buitelandse inkomste bo R1 miljoen belasbaar word en dus sal R600 000 van jou verdienste belasbaar wees. Die belasting wat op hierdie bedrag in Suid-Afrika betaalbaar sal wees, sal ± R179 000 beloop. Jy het egter reeds R280 000 se belasting betaal, so daar sal geen verdere uitstaande belasting wees nie.

Wie sal geraak word?

Die nuwe wysiging sal die volgende persone raak:

  1. ’n Ingesete Suid-Afrikaanse belastingbetaler wat tydelik in die buiteland werk en wat meer as R1 miljoen verdien terwyl hy in ’n land werk wat nie ’n DBO met Suid-Afrika het nie en waar daar nie genoeg belasting gehef is nie; en
  2. ’n Ingesete Suid-Afrikaanse belastingbetaler wat tydelik in die buiteland werk, wat meer as R1 miljoen verdien en in verskeie lande werk (vir minder as 183 dae in enige van hierdie lande) en nie vir genoeg buitelandse belasting belas is nie.

Indien jy onseker is oor of jy ’n ingesete belastingbetaler is of DBO-beskerming het, of oor hoe hierdie verandering vanaf 1 Maart 2020 jou mag raak, kan jy vir Fanus Jonck (tax@jonck.net) vra.

Deel op

"*" indicates required fields

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels