Leesvordering:

Emigrasie en verhuising: Maak dit maklik vir jou kinders

Feb 9, 2021

Die besluit om te emigreer of te verhuis is nie een wat ’n mens maklik neem nie, en die verantwoordelikheid is soveel groter as jy kinders het. Dit is uiters belangrik dat ouers hulle kinders in ag neem met dié lewensveranderende besluit. Kinders raak uiters geheg aan die fisies bekende wêreld om hulle. Hulle huis is gewoonlik die plek waar hulle geborge voel, waar hulle ’n vaste roetine het of waar hulle die gemaklikste is. Emigrasie of verhuising kan hulle gevoel van veiligheid drasties beïnvloed. Wees bewus daarvan en bespreek die verandering voor die tyd met jou kinders.

Volwassenes besef dat kommunikasie met vriende en familie nie noodwendig vir altyd tot ’n einde kom nie. Deur middel van die internet kan hulle nog met hulle geliefdes kommunikeer, selfs al is hulle aan verskillende kante van die wêreld. Kinders het egter nie noodwendig dié gerusstelling nie. Afhangende van die ouderdom van jou kinders kan die verlies van vriende ’n groot impak hê. Wees sensitief daarvoor en stel hulle gerus dat hulle kontak met hulle vriende kan behou en ook nuwe vriende sal kan maak.

Wenke om die skuif makliker te maak

1. Sluit jou kinders in by die besluitneming

Om te trek is ’n groot verandering wat jou kinders ook beïnvloed. Hulle voel soms asof hulle nie beheer het oor hulle lewens nie. Praat met hulle oor die besluit om te trek en verduidelik vir hulle waarom julle dit oorweeg. Sluit hulle ook in by die tref van reëlings en ander aspekte van die trek sodat hulle op hoogte bly van alles. Dit sal hulle minder onseker laat voel oor die tydperk van groot veranderinge.

2. Maak dit so maklik as moontlik

Emigrasie gaan veral gepaard met afstand doen van spesiale items wat aan hulle behoort. Omdat die verskeping van meubels en persoonlike besittings so duur is, is dit baie keer goedkoper om bloot baie van jou huishoudelike items te verkoop en by die nuwe bestemming ander te koop. Om die verandering so maklik as moontlik vir jou kinders te maak, is dit egter ’n goeie idee om hulle toe te laat om van die items wat vir hulle baie spesiaal is saam te neem. Dit kan die verandering wat hulle ervaar minder drasties laat voel en hul nuwe woning meer bekend laat voorkom.

Met verhuising het jy minstens jou persoonlike besittings, maar dit is steeds belangrik om by die bekende roetine te hou en gesinstyd in te pas.

3. Stel ’n goeie voorbeeld

Kinders is baie bewus van hulle ouers se emosies. Indien jy heeltyd gespanne is oor die trek gaan hulle ook so voel. Stel ’n goeie voorbeeld – wees positief oor die verandering en probeer hulle ook opgewonde daaroor maak.

4. Wees bewus van hulle behoeftes

Jou kinders het verskillende wyses van gerusstelling nodig afhangende van hulle ouderdom. Studies het bevind dat tieners baie moeiliker as jonger kinders in ’n nuwe land aanpas.

Hier is wenke oor hoe om kinders van verskillende ouderdomme te benader.

Kleuters en voorskoolse kinders

Studies het bevind dat dit die maklikste is om met kinders onder die ouderdom van ses te verhuis aangesien hulle die verandering nie so drasties ervaar nie. Dit is egter steeds belangrik om die verandering vir hulle te verduidelik. Probeer hulle nuwe omgewing vir hulle so bekend as moontlik maak deur dieselfde meubels in hulle kamer te sit en hulle roetine te behou.

Skoolgaande kinders

Emigrasie en verhuising is makliker vir laerskoolkinders as vir tieners. Sommige kenners meen dit is goed om jou trek só te beplan dat hulle by hul nuwe tuiste met ’n nuwe skooljaar kan begin en dadelik nuwe vriende kan ontmoet. Ook vir hierdie ouderdom kinders is dit belangrik dat jy ’n mate van bekendheid herskep. Maak hulle gunstelingetes in julle nuwe tuiste en help hulle om in kontak te bly met hulle vriende en familie om die oorgangsperiode te vergemaklik.

Tieners

Dit is algemeen dat tieners teen verhuising rebelleer. Jou tiener het waarskynlik ’n gevestigde vriendekring en sosiale lewe wat heeltemal gaan verander as hulle verhuis. Juis om dié rede is dit belangrik om jou kind te ken in die besluit en by die proses in te sluit. Stel ook jou tiener gerus oor die verskillende maniere om kontak te behou met mense wat belangrik is.

Maak dit vir jou tiener moontlik om na ’n tyd weer by sy/haar vriende te gaan kuier, veral as jy emigreer. Die vooruitsig van só ’n avontuur sal ook die gemoedere kalmeer.

Of jy nou verhuis of emigreer, dit gaan ’n effek op jou kinders hê. Maar as julle as gesin eerlik kan gesels oor elkeen se vrese en dit waarna julle uitsien, vestig dit ’n goeie basis vir opvolggesprekke wanneer jou kinders uitdagings ervaar.

LEES OOK: Die uitdagings van verhuising en emigrasie

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest