Leesvordering:

Emigreer jy uit Suid-Afrika? Wat van jou polisse? – Cashkows

Mar 31, 2016

Om uit Suid-Afrika te emigreer, is veeleisend – die administrasie en organisasie is ‘n enorme en moeisame taak. So dis glad nie verbasend dat die meeste Suid-Afrikaners wat die groen lig gegee word, doodeenvoudig in hul nuwe tuiste wil nesskop en die admin agter die rug wil kry nie.

Maar wat van jou polisse wat jy in Suid-Afrika agtergelaat het? Het jy daardie polisse waarby jy nie meer baat nie, gekanselleer? Of het jy vir nuwe dekking oorsee aansoek gedoen en die opbrengs van jou aftreefondse landuit verplaas? Alles belangrike vrae vir ‘n landverhuiser.

Suid-Afrikaanse polisse – wat om ná emigrasie te doen

Jy het verskeie opsies as jy oorsee trek en cashkows.com kan die administratiewe prosesse vir jou fasiliteer. Hoe en wanneer jy jou fondse oorplaas, sal egter van jou individuele portefeulje en finansiële behoeftes afhang.

Ons polisdienste sluit die volgende in:

  • finansiële beplanning in jou nuwe tuiste;
  • oordrag van aftree-annuïteite, bewaringsfondse en gelyksoortige pensioenfondse;
  • oordrag van ander versekeringsprodukte met ʼn beleggingswaarde;
  • volledige oplossings vir finansiële emigrasie en oordrag van die opbrengs van aftree-annuïteite, ongeag jou ouderdom;
  • verkryging en indien van eise of ander administratiewe dokumente by versekeraars, die SAID, SARB en ander bankinstellings;
  • belastingteruggawes en -vrystellings met betrekking tot oordrag van sekere polisse;
  • opsporing van pensioen by voormalige werkgewers en fondsadministrateurs;
  • kansellering van sessies;
  • verandering van debietorders vir teruggehoue polisse;
  • verandering van wetlike eienaarskap van effektetrustbeleggings;
  • aanstelling, verandering of kontak van begunstigdes op polisse; en
  • doodseise en testamentdienste.

Soorte polisse en opsies

Afhangend van die soort polisse wat jy het, is die volgende van die opsies tot jou beskikking.

Aftree-annuïteite

  • Wat dit is: ‘n Belastingdoeltreffende metode om vir aftrede te spaar waar lede maandelikse paaiemente tot ʼn toegewysde beleggingsportefeulje bydra. Die standaard aftree-ouderdom vir hierdie fondse is 55.
  • Wat jy kan doen: Aftree-annuïteite kan afgekoop word en die opbrengs na die buiteland oorgeplaas word.
  • Vereistes: Afkoop van aftree-annuïteite vereis finansiële emigrasie, ‘n geldige belastingrekord en nie-inwonerbankrekening.

Pensioen-, voorsorg- en bewaringsfondse

  • Wat dit is: Pensioen- en voorsorgfondse is aftreespaarprodukte waartoe werknemers of werkgewers bydra. Bewaringsfondse is soortgelyk, maar word gebruik wanneer werknemers ‘n sekere werkgewer verlaat. Een derde van pensioen- en voorsorgfondse kan as ‘n enkelbedrag uitbetaal word met aftrede, terwyl die res in maandelikse paaiemente aan die versekerde uitbetaal word. Voorsorgfondse kan tans as ‘n enkelbedrag geneem word wanneer die individu ʼn werkgewer verlaat. Normale aftree-ouderdom vir hierdie fondse is 55.
  • Wat jy kan doen: Hierdie fondse kan afgekoop word en die opbrengs oorsee verplaas word voor aftree-ouderdom. In sekere gevalle kan jy aansienlik by hierdie oorplasing baat, aangesien sekere lande pensioenaansporingskemas bied wat buitelandse herbelegging aanspoor en jou toelaat om in ‘n sterker geldeenheid rente te trek. Individue wat dienste oorsee gelewer het terwyl hulle inwoners van Suid-Afrika was, is ook benoembaar vir belastingkorting vir die tydperk van buitelandse indiensneming.
  • Vereistes: Om die opbrengs van enige van hierdie fondse oor te plaas, benodig jy ‘n Suid-Afrikaanse ID-dokument of slimkaart en indien hierdie bedrag R1 miljoen oorskry, benodig jy ook ‘n geldige belastingrekord.

Lewende en lewensannuïteite

  • Wat is dit: Lewende annuïteite is beleggingsprodukte wat ‘n inkomste van aftreegelde bied. Hierdie fondse laat jou toe om die inkomstevlak asook die belegging te kies. Lewensannuïteite is soortgelyke produkte, maar is minder buigbaar met laer risiko aangesien die begunstigde teen inkomsteverkwisting beskerm word.
  • Wat jy kan doen: Jy kan nie veel met jou Suid-Afrikaanse lewende en lewensannuïteite doen as jy emigreer nie. Hoewel polisafkoping in sekere gevalle moontlik is, moet beleggingswaarde onder sekere drempels val. Cashkows.com kan aanbevelings vir jou individuele portefeulje maak.
  • Vereistes: Daar is geen vereistes vir polisveranderinge nie, maar ons benodig jou Suid-Afrikaanse ID-nommer vir polisnavrae. Polisafkoping sal ‘n hersiening van jou annuïteite vereis om vas te stel of jy kwalifiseer.

Uitkeerpolis

  • Wat dit is: Uitkeerpolisse is soortgelyk aan lewensversekering, maar betaal ‘n enkelbedrag uit aan die begunstigde met sterfte of ná ‘n spesifieke termyn.
  • Wat jy kan doen: Cashkows.com kan help met die kansellasie van debietorders en afkoop van hierdie polisse sowel as die kansellasie van sessies indien nodig.
  • Vereistes: Daar is geen vereistes vir poliskansellasie of afkoping nie, hoewel ons jou Suid-Afrikaanse ID-nommer nodig het vir alle polisnavrae.

Praat met cashkows.com oor jou behoeftes

As die verkose finansiëlediensteverskaffer vir Suid-Afrikaanse landverhuisers, is cashkows.com die topkeuse vir vinnige, bekostigbare en voldoende dienste oor landsgrense. Besoek eenvoudig http://www.cashkows.com/ en vul jou kontakbesonderhede op ons aanlynkontakvorm in vir ‘n gratis konsultasie.

Weer die gebruiklike herinnering dat ons nie verantwoordelikheid kan neem vir die opinies wat ons bydraers huldig, die inhoud van hulle bydraes onder of die dienste wat hulle aanbied nie.
Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest