Reading progress:

LAPA: New in February

Feb 1, 2018

Few publishers celebrate love stories the way LAPA does. And, of course, the young ones are always catered for!

 

Rose vir Roselle
Rosita Oberholster
9780799386950
R210,00

A poignant story about a struggling rose farm and a stranger who might hold the answers.

*

’n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie.

Terug hier op La Roseraie lyk dit nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie. Dalk was dit, maar nou kort die plaas ’n ferm hand. Droogtes het hul tol geëis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie.

Om alles te kroon, het haar tantes ’n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? Wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te sê toe sy hom direk vra.

Tog, hy help en om vorentoe te boer, sal sy die swerwer se hulp nodig hê.

Haar eksverloofde se meesterlike vermoë om te manipuleer het egter steeds gevolge en Rosalie se trots maak dat sy weier om die swerwer se raad te vra.

Rose vir Roselle is ’n meer verwikkelde, langer romanse wat gekenmerk word deur sterk verhoudings en karakters. Die skrywer het probeer om nie net te fokus op die ontwikkeling van die broodnodige romanse tussen die hoofkarakters nie, sy het ook ’n paar verrassingselemente ingewerk om lesers se lekker te laat vermenigvuldig.

Dit is Rosita Oberholster se eerste SuperRomanza. Sy het die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses in 2017 met Troue in ’n towerbos gewen.

Rose vir Roselle is geskryf ter nagedagtenis aan die skrywer se babasussie wat net sewe weke oud geword het – haar naam was Roselle. Die baba se graf dra die inskripsie Laat die kindertjies na My toe kom… en word ook in die boek genoem.

Liefde op Petit Paris
Frenette van Wyk
9780799387131
R210,00

An orphaned French girl struggles to understand the feelings she suddenly has for the man who is supposed to her legal guardian.

*

In die ou Kaap de Goede Hoop stap ’n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou ’n weeskind in ’n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook ’n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap ’n nuwe begin kom maak het.

Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans – dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is – en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hê nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie, want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie, en die swaard van ’n huwelik met sy neef hang oor haar kop.

Boonop is dit ook nie net Royale wat besef wat ’n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie! Die ander vrou, Amalia, het boonop ’n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar…

Lenteliefde
Alma Carstens
9780799387049
R85,00

An old flame stirs up familiar emotions.

*

Milan keer ná haar suster se dood terug na SA om haar swaer en sy kinders by te staan. Ou gevoelens begin weer blom, maar wat steek Etienne vir haar weg? Mag Milan hoop op liefde in die lente?

Alma Carstens en haar woon hulle Bangkok, Thailand en is tans een van LAPA se Top 10 beste verkopers onder fiksieskrywers. Sy skryf om die verlange na Suid-Afrika te help stil.

Blameer die skoenlapper
Elsa Winckler
9780799387018
R85,00

A richly layered story about a guy who suddenly finds that he is the one thinking about settling down!

*

Josh neem vroumense uit en hy hou van hulle. Sodra hulle oor babatjies begin koer en vassteek voor juwelierswinkels, groet hy egter. Maar nou het hy Catharien ontmoet. Dis ’n probleem, want skielik wil hy bly … Blameer die skoenlapper is ’n Romanza met ongelooflike diepte. Dis ook een van die mees romantiese liefdesverhale wat in ’n lang tyd verskyn het. Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer en het al drie keer die ATKV Woordveertjieprys vir Romanses gewen. Die heldinne in haar stories is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle sê te sê nie. Die helde is sterk, maar is ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. Elsa woon op Bettysbaai saam met haar man. Hy is haar studenteliefde.

Wie nie waag nie
Annetjie van Tonder
9780799387070
R85,00

At school she dismissed him as a nerd. Twenty years later, whoa!

*

Gabi het op skool vir Reuel afgeskryf as ’n nerd. By hul reünie twintig jaar later is die nerd nie meer ’n nerd nie, maar ’n aantreklike man vol selfvertroue. Sy wil, maar sal hy haar kan vergewe?

Liefde in letters
Rika du Plessis
9780799387100
R85,00

It’s him! The one she could never forget. But now he is engaged.

*

Jennifer se hart mis ’n slag. Waldo, die man wat sy nooit kon vergeet nie, staan weer voor haar. Maar hulle kry nie ’n tweede kans nie, want hy onthou haar nie, boonop is hy verloof. Tog laat ou liefde hom nie so maklik afskud nie.

Uitgelewer aan die liefde
Marilé Cloete
9780799386837
R85,00

A wrestler, the headmaster of a school, a chirpy teenager and a number of stray cats: mix them up and you have an amazing love story!

*

Hoe gemaak wanneer ’n rofstoeier en skoolhoof op ’n klein Karoo-dorpie koppe stamp? Voeg ’n wysneus-tienermeisie, asook ’n hele paar rondloperkatte by en jy het ’n resep vir moeilikheid. Of wag, dalk net dalk, ’n resep vir liefde?

Marilé Cloete is die skrywersnaam wat Alta Cloete gebruik wanneer sy haar hand aan ʼn romanse waag. Sy is baie trots daarop dat haar Romanzas net so goed vaar as haar ernstiger werk.

 

Liefde op die Nyl
Joléne de Koningh
9780799386868
R85,00

Haar suster en ma reken ’n bootreis op die Nyl sal finale berusting vir haar bring ná haar verbreekte verlowing. Troos kan egter verskillende vorme aanneem en in hierdie geval is hy aantreklik – lank, breedgeskouerd en gespierd.

Joléne de Koningh is die Romanza-skrywersnaam van Lien Roux-de Jager. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.

Fees van versoening
Anna Penzhorn
9780799386899
R85,00

It seems like the River Nile brings out the very best in men…

*

Mia moet ’n artikel oor die kunsskatte van die Van der Bijl-familie skryf. Max van der Bijl is koud en berekenend, maar hy maak ook haar knieë lam. Liefde tussen hulle is egter taboe. Sou sy kom kies, verloën sy haar familie.

Liefste tinktinkie
Corné van Rooyen
9780799386926
R85,00

A cisticola is a small, unobtrusive bird, until one notices its beauty. Armand notices the same traits in Carlie.

*

Carlie verskil heeltemal van die vrouens met wie Armand daagliks te make het en prikkel daarom sy belangstelling. Hy het egter vantevore sy kop met ’n jonger vrou gestamp en sal nie toelaat dat dit weer gebeur nie.

Corné van Rooyen het ná skool deeltyds gewerk en studeer toe deur Unisa waar sy haar LLB-graad verwerf het. Sy was nog altyd baie lief vir lees en het van kleintyd al haar eie stories geskryf met die droom om in gewilde skrywers soos Ena Murray en Schalkie van Wyk se voetspore te volg.

Hartewens
Madelie Human
9780799386981
R210,00

Madelie Human is one of LAPA’s best-selling fiction authors.

*

Madelie Human is een van Afrikaans se gerekende romanseskrywers en het al meer as 130 000 boeke verkoop. Sy skryf oor die ligter kant van die liefde en daarom is haar romantiese komedies so uiters gewild.

Hartewens is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Onwelkome geskenk, Handomkeer en Le Fleur se hartebreker.

Madelie se eerste romanse, Om Ben lief te hê, is in 2009 met ’n ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses bekroon.

Onwelkome geskenk: Marile vertrou glad nie die Werner-vent wat met haar oupa konkel én haar knieë lam maak nie. Hy is immers net nóg een van die mans wat in haar geld belangstel. Of maak sy ’n fout?

Handomkeer: Bea kom uit Johannesburg se agterstrate maar veg haar pad oop tot sy een van dié wynmakers in die land is. Wat haar hinder, is dat die wynplaaseienaar verraderlike dinge aan hart en lyf begin doen.

Le Fleur se hartebreker: Voor die oestyd verby is, is Janneli een van die vroue in sy album vol gewese meisies. Dit is wat die Franschhoekvallei se hartebreker haar wed! Wel, ons sal sien, besluit Janneli.

 

Hartsbegeerte
Madelie Human
9780799387162
R210,00

Yet another omnibus of Madelie Human’s wonderful love stories.

*

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie.

Terug na jou: Een naweek het Mercia, Le Fleur-wynlandgoed se eienares, ’n man ontmoet aan wie sy onmiddellik verknog geraak het. Maar dit was net ’n droom want hulle was albei getroud; sy vrou sieklik en Mercia se man ’n pierewaaier. Nie een kon skei sonder om ander se lewe te verwoes nie. Hulle het mekaar prysgegee.

Kolwyntjie: Die gebakwinkel is Melani se droom wat werklikheid word. Haar ander droom word spoedig ’n nagmerrie toe haar en die mediese dokter se paaie kruis in dieselfde kantoorgebou. En nie sommer enige dokter nie, nie eens sy tweelingbroer kan aan haar doen wat hý met sy intense grys oë doen nie!

Altyd die strooimeisie: Zoë Davel besluit om nooit weer voor die kansel te staan nie – nie as strooimeisie nie en beslis ook nie as bruid nie, al stuur die hoogs aantreklike Meyer Malan haar hart heeltemal in ’n aweregse wentelbaan.

50 Prutpotgeregte
9780799382884
R160,00

The slow cooker is a handy, economical way to cook fantastic food while you are concentrating elsewhere. Let us help you with lekker local recipes and ingredients.

*

’n Prutpot is een van die handigste, mees ekonomiese en gesondste maniere om smulgeregte vir die gesin voor te berei terwyl jy jou aandag en tyd elders spandeer. In Engels staan dit bekend as ’n slow cooker of ’n crock pot. ’n Prutpot is veilig en kan rustig prut terwyl jy werk, inkopies doen of die gesin vervoer.

Hierdie pragtige, volkleurboek, 50 Prutpotgeregte, wys ons vir jou hoe om met behulp van jou prutpot en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke, selfs poeding, gaar te maak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.

Moenie bodder met Google en uitlandse bestanddele waarvan niemand nog gehoor het nie. Die resepte in ons boek maak gebruik van bestanddele wat moontlik reeds in jou koskas is, of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

In 50 Prutpotgeregte wys ons jou hoe maklik dit is vir die prutpot heerlike kos voor te berei terwyl jy aangaan met jou lewe. Resepte sluit in: ’n Hoender- en rooiwynstowedis met kruiekluitjies, Romerige Sweedse frikkadelle, Gevlokte beesvleis, Koolrolletjies, Murgpampoentjiesop, Hongaarse ghoelasj, Italiaanse varkboud, ’n geurige Beesvleiskerrie, Sjokoladekoek, en ’n Sjokolade- en grondboontjiebotterpoeding.

Ons gee ook wenke hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.

 

Z is vir Zackie 9: Die dieretuin
Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen
9780799384253
R85,00
7+

Zackie cannot wait to go to the zoo. Sadly the class bully is also going!

*

Vandag is ’n spesiale dag. Zackie se klas gaan dieretuin toe! Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie. Maar Anton gaan ook saam. Anton is ’n boelie. Hy hou vreeslik baie van spog. En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.

 

Z is vir Zackie 10: Die vreemde fossiel
Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen
9780799384260
R85,00
7+

When Zackie and Anton start digging for dinosaur bones, everyone laughs. But, who will have the last laugh?

*

Zackie en Vincent is op soek na fossiele! Dalk is daar ’n T-rex in die tuin begrawe? Of ’n trikeratops in die parkie? Of ’n stegosourus op die sypaadjie! Almal dink hulle is laf. Daar is tog nie fossiele in Granaatstraat nie. Maar dan ontdek hulle iets fantasties!

 

Hoezit! Die wonderwêreld van perde en ponies
Jaco Jacobs & Fanie Viljoen
9780799383652
R80,00

LAPA’s best-selling non-fiction series has just grown bigger.

*

Wat is die verskil tussen ’n perd en ’n ponie? Watter soort perd kan meer as ’n klein motor weeg? Waarvoor word verskillende soorte perde regoor die wêreld gebruik? Hoe moet jy jou perd of ponie versorg? Ontdek die wonderlike wêreld van perde en ponies met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van perde en ponies kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met van die indrukwekkendste perderasse, vind uit wat alles by ’n ryskool gebeur, ontmoet perde se verlangse familie in die diereryk, en ontdek ’n paar asemrowende perderekords! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis. Sedert Hoezit! se bestaan in boekvorm, is daar al meer as 51 700 kopieë van hierdie reeks verkoop.

 

Reënboogrant Maats: Omnibus 1
Maritha Snyman
9780799380811
R180,00
9+

Reënboogrant is one of South Africa’s most enduring series for younger readers. It is back, in a new jacket!

*

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewens – tydens die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n dief wat straatnommers steel, tot ’n droomrol in ’n balletkonsert.

Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit dié gewilde reeks: Skelmstreke en kattekwaad, Alleen tuis en Die balletkonsert.

Die Reënboogrant-boeke, waarvan die eerste in 1995 verskyn het, was uiter gewild. Reënboogrant is destyds as ’n “boeksepie” beskryf. LAPA is trots om dit weer aan jong lesers beskikbaar te stel.

 

Kattekwaad
Susan Ongansie
lllustreerder: Linki Lutz
9780799383904
R80,00
3+

A fabulous tale of kittens by a brand-new South African author!

*

Susan Ongansie is ’n splinternuwe skrywer!

Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.

Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry – en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?

Susan Ongansie is ’n grondslagfase-onderwyseres wat op Beaufort-Wes gebore en getoë is. “Die aard van my werk bied ’n lekker geleentheid vir skryf, aangesien ek graag stories, liedjies en gediggies skryf wat vir my leerders relevant is. Ek geniet die genot op hul gesiggies.”

Linki Lutz het aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer met ’n cum laude vir haar prakties in Skone Kunste. Piet Grobler is haar peetpa, so sy wou van ’n vroeë ouderdom reeds ’n loopbaan as illustreerder volg.

Kom ons praat oor waar babas vandaan kom
Robie H. Harris
Illustreerder: Michael Emberley
9780799384307
R180,00
7+

Sex education made fun – not squeamish!

*

Hierdie deernisvolle boek fokus op belangrike dinge waaroor kinders wonder: babas, voortplanting, liggame, gene, grootword, liefde, gesondheid en nog baie meer. Die inligting word op ’n eenvoudige manier oorgedra met humoristiese kommentaar van ’n baie nuuskierige voëltjie en ’n teësinnig by wat sou verkies om eerder nie oor dié dinge te praat nie! Vrolike volkleurstrokiesprentillustrasies help om die teks nog meer toeganklik te maak.

Seksvoorligtingboeke vir jonger kinders is in groot aanvraag en hierdie titel is al vir 15 jaar in Amerika en Engeland ’n topverkoper.

Robie H. Harris is ’n bekroonde skrywer wat veral bekend is as skrywer van kinderboeke oor seksualiteit. Sy het jare se ondervinding as onderwyser en as die direkteur van ’n náskoolprogram vir jong kinders. Sy woon saam met haar man in Boston, VSA. Michael Emberley skryf en illustreer al meer as dertig jaar lank kinderboeke. Hy woon in Ierland.

 

Aksieheld Austin: Nag van grille
Skrywer en illustreerder: Fanie Viljoen
9780799380804
R110,00
9+

On screen Austin is unstoppable. When he lands in trouble away from the cameras, would he be able to live up to his reputation?

*

Ligte, kamera, aksie!

Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.

Die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, egter ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …

As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!

Dié asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

About the author

AfriForum Wêreldwyd

Search

Follow us on
Must read articles
Business in the Spotlight: Diamond Tree Jewellery Studio

Business in the Spotlight: Diamond Tree Jewellery Studio

This week’s spotlight is on Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Western Australia. Diamond Tree Jewellery Studio is listed on Worldwide’s World Guide free of charge. AfriForum Worldwide’s World Guide is where South African businesses from around the world...

On World Book Day, AfriForum demands more school libraries

On World Book Day, AfriForum demands more school libraries

By Alana Bailey World Book Day is celebrated annually on 23 April, the anniversary of the death of authors Miguel de Cervantes and William Shakespeare, among others. On this day when a spotlight is cast once more on the key role of books in the development of people,...

Out and about: e-mail from the Netherlands

Out and about: e-mail from the Netherlands

In Out and about we talk to people who currently live abroad, or who have lived and worked there. We would love to hear from anyone who wants to share their experiences with us. This week, we talk to Natasha Viljoen who has lived in the Netherlands for six years....

AfriForumTV

Newsletter

Contact us

Make a donation

Worldwide friends

You May Also Like…

Subscribe to the Spotlight newsletter and remain involved

Nuusbrief/Newsletter

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest