Leesvordering:

Facebook: Kry beheer terug oor jou privaatheid

Jun 22, 2018

Jou persoonlike Facebook-profiel is ʼn nuttige manier om jou vriende in te lig waarmee jy besig is, al die interessanthede wat jy daagliks ontdek te deel of om meer aandag op jou besigheid en werksaamhede te vestig. Dit kan ook ʼn nagmerrie raak as jou werkgewer of kollegas op onvanpaste plasings afkom of ʼn moedswillige kliënt of kompeteerder jou naam deur die modder probeer sleep.

Onlangs is Facebook se privaatheidsbeleid in openbare belang verbeter sodat verbruikers hulle persoonlike inligting makliker kan beskerm. Selfs al plaas jy nie jou strandfoto’s wat geneem is terwyl jy eintlik op “siekverlof” was op Facebook nie, is daar talle slaggate op Facebook wat jy moet probeer vermy. Hier is ʼn paar stappe wat jy kan neem om seker te maak jy kry weer beheer oor jou Facebook-profiel.

Belangrikste eerste

Gaan na jou profielblad en kies “Privacy Shortcuts” en dan “Review a few important privacy settings”. Facebook sal jou dan deur drie stappe neem sodat jy kan kies wie jou persoonlike inligting en plasings mag sien:

  • Eerstens kies jy wie jou plasings mag sien. Ons beveel aan dat jy “Friends” kies en so verseker dat vreemdelinge nie jou foto’s of plasings kan bekyk nie. Daar is ook ander opsies. Jy kan byvoorbeeld kies dat net jou universiteitsvriende jou plasings sien, of net jou kollegas, of net mense na aan jou. Dit is belangrik om te weet presies waarvoor jy Facebook wil gebruik. As jy dit slegs vir besigheidsdoeleindes wil gebruik, gee dan die regte groepe mense toegang tot jou plasings.
  • Die tweede stap stel jou in staat om te bepaal wie jou persoonlike inligting mag sien. Kies byvoorbeeld dat jou selfoonnommer net vir jou familie toeganklik is, of dat jou werkgewer nie jou verhoudingstatus kan sien nie.
  • Stap drie neem jou na die inligting waarvan ons die minste bewus is. Hier wys Facebook watter derdeparty-toepassings aan jou profiel verbind is. Hulle het toegang tot van jou persoonlike inligting en kan namens jou plasings maak op jou profiel. Verwyder toepassings en webtuistes wat jy nie meer gebruik nie en kies watter van dié wat jy behou vir die publiek sigbaar mag wees.

Beheer plasings op Facebook

Jy kan ook beheer wie se plasings jy sien en daardie plasings prioritiseer. As jou doel met Facebook is om op hoogte te bly van organisasies of ander besighede, prioritiseer die blaaie waarin jy belangstel se plasings. Of as jy individue volg wie se plasings interessant is, sit hulle op die lys en moenie verder mense volg wie se plasings jy nie wil sien nie. Ouers kan ook verstellings maak om te verseker dat hulle kinders nie blootgestel word aan onvanpaste inhoud nie. Gaan weer na die kieslys op jou profiel, klik op “ˆSettings” en gaan dan na “News Feed Preferences” om hierdie keuses uit te oefen.

Jy kan ook beheer wat ander oor jou op Facebook plaas. Kies “Privacy” en maak verstellings wat Facebook byvoorbeeld verhoed om jou op foto’s te herken of om plasings op jou profiel te maak as iemand jou naam aan ʼn foto koppel. Dit is veral handig as jy nie verras wil word deur vriende wat jou naam koppel aan partytjiefoto’s uit jou universiteitsdae terwyl jy vir ʼn nuwe werk aansoek doen nie. Dit is ook handig om die opsie aan te skakel wat mense steeds toelaat om jou aan foto’s te koppel, maar eers nadat Facebook jou toestemming gevra het om dit op jou profiel te deel.

Daardie een persoon wat alewig jou plasings met negatiewe kommentaar versier, kan jy natuurlik altyd blok, of jy kan onder “Public Posts” kies dat jou vriende kommentaar mag lewer op jou plasings.

Besluit wat jou persoonlike handelsmerk is

Facebook is ʼn openbare profiel. Dit is ʼn verlenging van jou identiteit en daarom moet jy doelbewus besluit wat jy daarmee van jouself wil sê. Kliënte vertrou jou makliker as jy betroubaar lyk, en werkgewers kry meer gemoedsrus as jou Facebook-plasings nie vol spelfoute is nie. Jy het ʼn persoonlike handelsmerk wat jy moet beskerm en dit is jóú verantwoordelikheid om te kies wat in die openbare domein mag rondswerf. Gebruik hierdie paar stappe om talle slaggate te systap, en neem proaktief beheer oor jou belangrikste handelsmerk – jy.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest