Leesvordering:

Familie of vriende in ander tydsones? Maak dit só makliker

Nov 2, 2021

As jy familie in ander tydsones soos in Australië of die VSA het, kan dit uitdagend raak om op die regte tyd te gesels sonder om mekaar wakker te bel. En wat nog as jou familie versprei is tussen meer as twee tydsones! Hier is ’n paar wenke om dit makliker te maak.

Laat tegnologie jou lewe makliker maak

Gelukkig is daar altyd tegnologie wat ons kan uithelp! Dit is maklik om omskakeling van tyd te doen vir enige plek in die wêreld met die maklike en eenvoudige webtuiste dateful.com. Klik hier om die tydsoneskakelaar te gebruik! Boekmerk sommer die webtuiste sodat jy altyd maklik toegang tot hom het. Jy kan ook worldtimebuddy.com gebruik vir ‘n visuele voorstelling van die verskille in tydsones.

Die volgende toepassings kan ook gebruik word om  kommunikasie makliker te maak:

  • Slack
  • Google Duo

Slack is ’n bruikbare toepassing waar mense wat wil kommunikeer die ure kan stel wat hulle beide beskikbaar is, en waar boodskappe dan geluidloos gestuur word buite daardie ure. Dit help dat jy nie heeltyd hoef te bekommer of jou boodskap op ’n ongeleë tyd gestuur word nie. Google Duo is nog ’n toepassing wat die lewe makliker maak. As jy ’n iPhone het en jou ouers het Android, kan jy steeds met hulle FaceTime ongeag wie op watter platform is.

Beplan julle kommunikasie

Die beste manier om te verseker dat julle gereeld en doeltreffend kommunikeer, is deur ’n beplanningsvergadering te hou. Dit klink dalk te formeel, maar ’n enkele gesprek waar julle die volgende vrae beantwoord, kan die wêreld se verskil maak:

  1. Hoe gereeld sal ons wil gesels? (Daagliks, weekliks, maandeliks?)
  2. Op watter dae is dit die gerieflikste vir almal?
  3. Hoe lank gaan ons gesprekke gemiddeld duur? (Dit is belangrik dat verwagtinge ooreenstem, aangesien een gesprek wat dalk ure aangaan die ander persoon in die toekoms gaan weerhou om weer te gesels, bloot omdat tyd ’n kwessie is.)
  4. Moet ons ’n vaste tyd maak wat ons elke week gesels, of gaan ons ná elke gesprek die tyd vasmaak vir die volgende gesprek?
  5. Watter kommunikasiekanale verkies elkeen? (WhatsApp-boodskappe, Zoom, FaceTime, Slack of e-pos?)
  6. Hoe lank sal dit gewoonlik neem om boodskappe te beantwoord? (In ’n huwelik is it veral belangrik om te besluit hoeveel tyd julle mekaar gee om ’n boodskap te antwoord. Anders bekommer die ander party maklik of dink dalk daar is iets fout wanneer dit bloot net ’n tydfaktor is).

Om oor Zoom of ander video-oproepplatforms te gesels is dikwels die beste manier wat ons het om ons geliefdes in lewende lywe te sien en ’n sinvolle gesprek te hê. Om dit vir julle beide makliker te maak, gebruik die skeduleringsfunksie sodat julle afspraak gereël is, maar ook sodat elkeen se Zoom hulle in hul eie tydsones oor die gesprek herinner. Dit is dan vasgemaak op julle albei se kalenders en dit skakel die moontlikheid uit dat julle mekaar heeltemal mis weens ondoeltreffende kommunikasie oor tyd.

Wees geduldig met reaksietye

Moenie seergemaak voel as jou boodskappe vir lang tye ongelees bly of sonder reaksie gelaat word nie. Om ’n verhouding te kweek met iemand wat aan die ander kant van die wêreld woon, beteken om geduld met die proses te hê. Die enigste manier wat julle volhoubaar stories gaan deel, boodskappe gaan stuur en op datum bly met mekaar se lewens, is as julle mekaar toelaat om dit in tye te doen wat vir elkeen gemaklik is. Gesels daaroor, bespreek tye wat jy meer geneig is om jou boodskappe te antwoord en maak duidelik watter tye van die dag vir jou moeilik is. Ons het dikwels ’n verwagting oor kommunikasie wanneer ons in dieselfde tydsone is, maar as ons ander werklikhede en boonop ander tydsones het, moet ons ons verwagtinge ook aanpas.

Wees kreatief

As jou man of vrou dalk in ’n ander tydsone is, kan jy hulle bederf met ’n lekker geskenk soos ’n muurhorlosie wat verskillende lande se tye aandui! Jy kan self ook een kry en op die manier self heeltyd bewus wees van hoe laat dit in ander lande is.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest