Leesvordering:

Familieboer-brandpunte is Saai se prioriteit by die loods van VN se Dekade van Familieboerdery

Mei 22, 2019

Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) en die Internasionale Fonds vir Landbou-ontwikkeling, in samewerking met ander relevante organisasies verbonde aan die Verenigde Nasies (VN), behartig die afskop van die VN se Dekade van Familieboerdery in Rome, Italië, op 29 Mei 2019.

Hierdie resolusie bou op die sukses van die internasionale jaar van familieboerdery wat in 2014 geloods is en vele bydraes gelewer het om die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te help verwesenlik. Een van die resolusie se hoofdoelwitte is om verskeie belanghebbendes op internasionale vlak te bind om die posisie van familieboere te versterk deur middel van beleggings en die ontwikkeling en implementering van ’n gunstige beleid.

Volgens die Internasionale Fonds vir Landbou-ontwikkeling produseer familieboere meer as 80% van die wêreld se voedsel en bestuur hulle 75% van alle landbouhulpbronne. Familieboere is, onder andere, noodsaaklik om voedselsekuriteit te verseker en gemeenskappe te anker en is die mees effektiewe sektor om werkloosheid te verminder.

“Die wêreld besef dat familieboere ’n integrale rol gaan speel om ons dreigendste probleme op te los. Daarom is hierdie resolusie vir die Dekade van Familieboerdery eenparig in Oktober 2017 deur die VN aanvaar en word dit nou wêreldwyd geïmplementeer om boere die nodige ondersteuning te bied,” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

Die amptelike loodsing word voorafgegaan deur twee dae van samesprekings tussen organisasies en belanghebbendes, asook besprekings oor die aksieplanne vir die implementering van die inisiatief. Dr. Theo de Jager, Saai se uitvoerende voorsitter en herverkose president van die Wêreld Landbou-organisasie (WLO), tree as een van die gassprekers by hierdie geleentheid op.

Rossouw, wat namens Saai die loodsing van die inisiatief gaan bywoon, noem die volgende vier uitdagings as die grootste struikelblokke wat familieboere in Suid-Afrika tans in die gesig staar:

  1. Klimaatsverandering en die gevolge daarvan, soos die deurlopende droogte wat ons tans in groot dele van ons land ervaar;
  2. Die steeds teenwoordige bedreiging van onteiening sonder vergoeding en die aanslag op privaat eiendomsreg;
  3. Plaasmoorde en ander misdaad; en
  4. Toegang tot finansiering.

“Dit is vir ons van die uiterse belang dat die uitdagings wat boere in Suid-Afrika beleef, by hierdie forum op die internasionale agenda geplaas word. Familieboere in Suid-Afrika skep welvaart in plattelandse dorpies en is ’n teenwig vir grootskaalse migrasie na stede. Boere verseker nie net voedselsekerheid en ekonomiese stabiliteit in ons eie land nie, maar is ook die hefboom wat by wyse van hul kundigheid en vermoë welvaart vir die res van Afrika kan ontsluit,” voeg Rossouw by.

Indien jy jou vereenselwig met die lot van familieboere in Suid-Afrika, voeg jou mandaat op ons webblad by: https://www.saai.org/saai-gaan-vn-toe-ondersteun-saai-se-prioritisering-van-die-familieboer/

 

 

Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Volg ons op

Moet lees artikels

Hartseer oor ons taal

Hartseer oor ons taal

Ek geniet Wêreldwyd se nuusbrief. Dis net tragies dat so baie van ons Suid-Afrikaners ons tuiste in die buiteland moes maak weens omstandighede. Ons is woon nou al meer as 28 jaar in Nieu-Seeland. Ek was ’n paar keer terug om familie en vriende in Suid-Afrika te...

Tussen hier en daar

Tussen hier en daar

Johan Nortje Die polisiestasie se landsvlag hang halfmas. Teen die muur is 'n bord wat aandui dat slegs polisievoertuie binne mag parkeer. En net ingeval enigiemand gewonder het of dit dalk 'n breë vertolking van die instruksies is, is 'n losstaande waghuis pas tot...

OPE BRIEF AAN MY LANDGENOTE

OPE BRIEF AAN MY LANDGENOTE

Hendrika Jooste Ons staan op die vooraand van die bekendstelling van ons immigrasieboek se internasionale weergawe en die knop in my keel is trane wat net wil-wil kom. Met ons eerste immigrasieboek het ons net op ons Suid-Afrikaanse landgenote gefokus, maar as gevolg...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Pin It on Pinterest