Leesvordering:

Feiteflits: die Voortrekkermonument

Sep 19, 2019

Hierdie 43 meter hoë granietmonument is in 1949 ingewy. Dit herdenk die pioniers, genaamd die Voortrekkers, wat tussen die jare 1834 en 1854 die binneland van Suid-Afrika ingetrek het op soek na vryheid en selfregering. Dit is die enigste Afrikanermonument wat na 1994 tot ʼn Graad 1 Nasionale Erfenisterrein verklaar is.

Die terrein kombineer elemente van veiligheid, gasvryheid en ʼn uitsonderlike uitsig met unieke argitektuur. Die Monument is deur die argitek Gerard Moerdijk ontwerp. Die Heldesaal bevat 27 asemrowende marmerfriespanele wat die verhaal van die Groot Trek uitbeeld. Dit is uit Italiaanse marmer gekap en is waarskynlik die langste aaneenlopende marmerfries ter wêreld. Die panele is deur vier Suid-Afrikaanse beeldhouers gemaak: Laurika Postma, Hennie Potgieter, Frikkie Kruger en Werner Kirchhoff. In die koepel is ʼn opening (okulus) waardeur die son elke jaar op 16 Desember presies om 12:00 op die woorde “Ons vir jou Suid-Afrika” op die senotaaf skyn. Meer as 400 000 mense regoor die wêreld het hierdie verskynsel op 16 Desember 2016 op Media24 se elektroniese blad aanskou.

Die Monument is in ʼn natuurreservaat met ʼn verskeidenheid wild geleë. Ons is baie bevoorreg om vyf swartwildebeeste op die terrein te hê. Die 2,7 meter hoë laermuur wat die Monument omring, bestaan uit 64 ossewaens wat die Monument simbolies beskerm. Deesdae word daar iets vir elkeen op die terrein aangebied. Daar is deur die jaar gereeld markte, ʼn uiters gewilde militêre fees en lewendige musiekuitvoerings. Daar is stap-, draf- en fietsryroetes en perdry, asook braaigeriewe op die piekniekterrein.

Die Monument kry geen geldelike steun van die owerhede nie en is in privaat besit. Ondersteun dit en sorg dat dit vir die toekoms behoue bly.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest