Leesvordering:

Finansiëlemigrasieterminologie 101

Aug 4, 2020

Emigrasie uit Suid-Afrika het ‘n magdom vreemde uitdagings tot gevolg – jy moet jou vergewis van regulasies, prosedures en terminologie waarmee jy jou nie hoef te bemoei as jy in jou geboorteland bly nie.

Maar as jy na ‘n vreemde land trek, kan jy nie meer staatmaak op byvoorbeeld jou Suid-Afrikaanse bank, finansiële adviseur of daardie weetal-vriend om jou met jou noodsaaklike administrasie te help nie. Jy sal agter die kap van die byl van finansiële migrasie moet kom sodat jy kan verstaan hoe jy geld na die buiteland kan oorplaas, watter roetes om te volg, hoe om jou inkomste te maksimaliseer en bowenal hoe om al hierdie dinge wettig te doen.

Ons het daarom gedink dit sal goed wees om ‘n lys belangrike finansiële terme op te stel met hul betekenisse en wat dit vir jou as Suid-Afrikaanse emigrant beteken.

Verduideliking van terminologie en reëls vir finansiële migrasie

Finansiële emigrasie

Finansiële emigrasie is ‘n term wat gebruik word om die finansiële status van Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon te definieer. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gebruik om die reëls te bepaal wat van toepassing is op die in- en uitvloei van geld oor Suid-Afrika se grense. Finansiële emigrasie het geen invloed op jou burgerskap nie; dit verander slegs jou finansiële status vir valutabeheerdoeleindes van inwoner van nie-inwoner. Jou reg op ‘n Suid-Afrikaanse paspoort word ook glad nie geraak nie.

Emigrante-kapitaalrekening

‘n Emigrante-kapitaalrekening is die enigste rekening wat deur finansiële emigrante gebruik word om fondse na en van Suid-Afrika oor te plaas. Hierdie rekening, wat ook as ‘n geblokkeerde rekening bekend staan, kan by enige van die groot Suid-Afrikaanse banke gehou word en is onder toesig van ‘n spesialisbankier van die instelling se sentrum vir nie-inwoners. Sodra jy finansieel geëmigreer het, sal jy geen ander Suid-Afrikaanse rekening verder kan gebruik om die oorplasing van jou geld oor grense heen te bestuur nie, maar ten spyte van hierdie beperking vereenvoudig die geblokkeerde rekening die oorgrens-vloei van jou geld.

Kapitaaloordragvergunnings

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan fondse deur middel van hul jaarlikse kapitaaloordragvergunnings na die buiteland oordra. Daar is twee soorte vergunnings – ‘n enkele diskresionêre vergunning (SDA) en ‘n buitelandse-beleggingstoelaag (FIA). Individue wat tot R1 miljoen per jaar na die buiteland wil oordra, kan hul SDA gebruik en het slegs hul groen strepieskode-identiteitsdokument of slimkaart nodig vir transaksies. Diegene wat bedrae tussen R1 miljoen en R10 miljoen wil oordra, kan dit onder hul FIA doen. Hulle het ook hul groen strepieskode-identiteitsdokument of slimkaart nodig, maar ‘n belastingklaringsertifikaat van die SAID is ‘n bykomende vereiste. Die vergunnings word elke kalenderjaar hernu. Op grond van hierdie reëls is dit ook toelaatbaar om fondse tussen gades te beweeg.

Tegeldemaking en buitelandse oordrag van fondse

Suid-Afrikaanse emigrante mag hul aftreespaargeld (pensioen-, voorsorg-, bewarings- en uittree-annuïteite) te gelde te maak en voor aftree-ouderdom (55) na die buiteland oorplaas. Die bedrae wat jy mag oorplaas, hang af van die soort fonds, die fonds se reëls en die belasting wat daarop betaalbaar is. Fondse wat nie te gelde gemaak kan word nie, sluit in lewens- en lewende annuïteite, tensy die waardes onder sekere drempels val.

Uittree-annuïteite

‘n Uittree-annuïteit is ʼn belastingdoeltreffende manier om vir aftrede te spaar; dit bied aan individue die geleentheid om gepaste beleggingsportefeuljes te kies en op ʼn gereelde basis bydraes te maak om voorsiening te maak vir aftrede. Baie individue kies om in uittree-annuïteite te belê bykomend tot hul pensioen- of voorsorgfondse. Die vroegste aftree-ouderdom vir hierdie annuïteite is 55, maar as ‘n uitgewekene het jy die opsie om ‘n uittree-annuïteit ten volle af te koop en die nabelaste opbrengs na jou nuwe tuiste oor te plaas.

Pensioenfondse

‘n Pensioenfonds is ‘n saamgepotte aftreefonds wat deur ‘n werkgewer aangebied word en wat ‘n stabiele groei oor die lang termyn bied. Oor die algemeen hou mense hul geld in hul pensioenfondse of dra dit oor na ‘n bewaringsfonds tot en met aftrede waarna hulle ‘n enkelbedrag-uitbetaling ontvang sowel as ‘n maandelikse inkomste gebaseer op die waarde van die aftreefonds. As ‘n Suid-Afrikaner wat in die buiteland woon, het jy moontlik die opsie om die opbrengs van jou pensioenfonds voor aftree-ouderdom na die buiteland oor te plaas; dit sal egter van tydsberekening en van die fonds se reëls afhang.

Voorsorgfondse

Buiten vir die reëls rakende tegeldemaking en belasting is ‘n voorsorgfonds in wese dieselfde as ‘n pensioenfonds. Omdat werkgewers belasting aftrek vir bydraes tot voorsorgfondse, sal individue wat op hul eie tot hierdie fondse bydra die geld by aftrede belastingvry terugkry. Voor Maart 2016 kon lede van voorsorgfondse 100% van hul fondse onttrek wanneer hulle bedank, maar die nuwe stelsel laat ‘n maksimum-onttrekking van 27,5% uit al drie fondse (pensioen, uittredingannuïteitsfondse en voorsorgfonds) toe.

Bewaringsfondse

‘n Bewaringsfonds dien as ‘n spaarfonds waarin die opbrengs van ‘n pensioen- of voorsorgfonds betaal word. Opbrengste word na ʼn bewaringsfonds oorgeplaas wanneer ‘n individu ‘n maatskappy verlaat as gevolg van ontslag, besnoeiing of bedanking. Dit bewaar aftreebeleggings en belastingvoordele.

Uitgestelde pensioenfondse

As jy voorheen tot ‘n werkgewer se pensioenfonds bygedra het en besluit het om jou voordele in dié fonds te laat wanneer jy bedank, word jy beskou as ‘n uitgestelde lid van die fonds. By aftrede kan jy voordele uit die fonds ontvang of die voordele kan ná jou dood aan jou afhanklikes betaalbaar wees.

Lewens- en lewende annuïteite

Lewens- en lewende annuïteite is beleggingsprodukte wat aan jou ‘n inkomste voorsien uit jou aftree-spaargeld. Met lewende annuïteite kan jy jou inkomstevlak en beleggings kies (hoër risiko), terwyl lewensannuïteite onderhewig is aan jaarlikse kontroles om te bepaal wat die beste tyd is om dit in uitbetalings om te skakel (laer risiko). Hierdie annuïteite kan slegs afgekoop word indien dit onder sekere relatief lae drempels val, maar jy kan die frekwensie van uitbetalings binne sekere parameters aanpas.

Effektetrusts

‘n Effektetrustfonds is ‘n gepoelde hulpbron, wat beteken dat dit ‘n groep beleggers toelaat om hul geld te bymekaar te sit en te belê. Die opbrengs mag na die buiteland oorgeplaas word wanneer jy dit verkies, maar is onderhewig aan die nakoming van valutabeheermaatreëls. Kapitaalwinsbelasting mag betaalbaar wees, afhangende van die fonds se waarde en groei oor die beleggingstermyn.

Endossemente

Endossemente is wysigings aan versekeringspolisse soos verandering van eienaarskap, verandering van debietorder, verandering van dekking, kansellasie, verandering van versekerdes en ander diverse veranderinge.

DTA

‘n Dubbelbelastingooreenkoms (DTA) is ‘n ooreenkoms tussen twee lande wat individue wat tussen hierdie lande beweeg beskerm sodat hulle nie twee keer belasting betaal nie. Onder ‘n DTA kan individue ook in aanmerking kom vir verminderde terughoudingsbelasting op rente wat aan buitelandse persone of instansies betaal is. As daar ‘n DTA is tussen Suid-Afrika en jou nuwe land van verblyf, is sekere belastingbeplanningsgeleenthede moontlik vir jou beskikbaar.

RST01

Die RST01 is ‘n aanwysing vir versekeraars wat verdere belastingaftrekkings van jou annuïteitsinkomste stopsit. Die aansoek word by die SAID ingedien, wat dan ‘n aanwysing aan jou onderskeie versekeraars sal uitreik om hulle opdrag te gee om op te hou om belasting van jou pensioen of annuïteitsinkomste af te trek. Die aansoek moet jaarliks hernu word, maar dit kan lei tot aansienlike belastingbesparing.

RST02

Die RST02 is ‘n aansoek wat by die SAID ingedien word vir die terugbetaling van belasting wat onder ‘n DTA gehef is. Dit kan vir jou beduidende kortings meebring op belasting wat jy betaal op onttrekkings by die afkoop van aftreeprodukte.

POPI

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting is ‘n Suid-Afrikaanse wet wat op 26 November 2013 onderteken is. Dit vereis dat diensverskaffers verbruikers se persoonlike inligting beskerm. Ingevolge hierdie wet moet individue toestemming verleen en toegelaat word om te sien watter inligting vir watter doel bekendgemaak word; hulle moet kan kies om hulle data te laat verwyder, hulle moet toegang hê tot data wat deur diensverskaffers gestoor word en hulle mag daarop aandring dat daardie diensverskaffers hulle inligting akkuraat vaslê. Selfs al woon jy in die buiteland, word alle inligting wat binne Suid-Afrika se grense versamel, bewaar en gebruik word steeds deur POPI gereguleer.

FPSB

Die FPSB is die Financial Planning Standards Board wat professionele standaarde vir finansiële beplanning in Suid-Afrika handhaaf. Verskaffers van finansiële dienste wat hul kliënte of die publiek van raad bedien, moet voldoen aan die standaarde en regulasies van die FPSB. Registrasie by die FPSB magtig verskaffers in Suid-Afrika egter nie om enigiemand buite hul jurisdiksie te adviseer nie – wat beteken baie Suid-Afrikaanse verskaffers van finansiële dienste mag jou nie met jou finansiële portefeulje in jou nuwe tuiste help nie.

SAIGR

SAIGR is die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters. Om as ‘n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester erken te word, moet Suid-Afrikaanse diensverskaffers in die finansiëledienstesektor wat dienste en advies binne die bestek van geoktrooieerde rekeningkunde wil verskaf (ongeag of dit oor belasting, oudits of finansiële bestuur is) by ‘n amptelike liggaam soos SAIGR geregistreer wees en aan hul vaardigheidsvereistes voldoen.

CFP

‘n Gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP®) is iemand wat deur die FPSB gemagtig is om finansiële beplanning te doen en advies te gee. Hierdie kwalifikasie is nodig vir individue met benamings soos interne makelaarskonsultant, finansiële beplanner, makelaar, finansiële adviseur, nakomingsbeamptes, portefeuljebestuurders, belastingbeplanners, aktuarisse en finansiële konsultante. CFP’s is net gemagtig om in hul onderskeie jurisdiksies bystand te verleen.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest