Leesvordering:

Fotoverslag: Kuier in Kleurryke Hongkong

Sep 5, 2018

Foto: Ilze Nieuwoudt

’n Panoramiese uitsig oor Victoria-hawe in Hong Kong soos gesien vanaf die honderdste verdieping van die hoogste gebou in Hong Kong. Hong Kong-eiland, met sy berge, is in die agtergrond sigbaar. Die Sky100 is geleë in Kowloon en bied 360˚ blik op die stad. ’n Besoek aan dié aantreklikheid het ons ’n hele paar Hong Kong-doller uit die sak gejaag ($188 om presies te wees, dit wil sê sowat R300), maar dit was elke sent die moeite werd.

Foto: Ilze Nieuwoudt

Die Tian Tan Boeddha (losweg bekend as die Big Bouddha) en Po Lin-klooster op Lantau-eiland is waarskynlik een van die bekendste aantreklikhede in Hong Kong. Ongeag van jou geloofsoortuigings is hierdie kompleks ’n ervaring soos min. Die simboliek van die reusagtige beeld en die ses vrouebeelde met hul offerande aan die voet van die Boeddha bied ’n blik op sekere eiesoortige elemente van Boeddhisme. Boonop is deur blote grootte van die beeld (blykbaar een van die grootstes ter wêreld) genoeg om oor huis toe te skryf.

Foto: Ilze Nieuwoudt

Die kleurvolle Po Lin-klooster (op dieselfde terrein as die Tian Tan Boeddha).

Foto: Ilze Nieuwoudt

Geen besoek aan Hong Kong sal afgehandel kan wees, sonder ’n bootrit op die legendariese Star-veerboot nie. Elkeen dra die naam van ’n ander ster en neem inwoners en toeriste langs die kortpad tussen Hong Kong-eiland en Kowloon (geleë op die Chinese vasteland aan die noordekant van Victoria-hawe). Dié bootritte is verspotgoedkoop en met gebruik van die (lewensreddende) Octopus-reiskaart kaartjieaankope uiters gerieflik. Die Octopus-kaart is soortgelyk aan die Oyster-kaart in Engeland en kan gebruik word vir vervoer met die meerderheid van Hong Kong se openbare vervoer – insluitende trems, treine, busse, minibusse en veerbote.

Foto: Ilze Nieuwoudt

Ons het seker gemaak dat ons genoeg tyd inruim vir die ware Hong Kong-ervaring van straatmarkte. Die Templestraat-aandmark is een van die bekendste markte in Hong Kong. Hier is natuurlik iets van alles – vreemde kosse, goedkoop klere en eenvoudige aandenkings. Die reuk van Hong Kong hang hier in die strate en het ons meteens laat besef, hierdie is die Hong Kong waarvan ons in boeke gelees het. Die geroesemoes van handelaars, toeriste en plaaslike mense wat bloot ’n aandjie uit geniet neem mens na die hartjie van hierdie stad (wat waarlik nie lyk asof dit ’n afsitskakelaar het nie)! Maak gereed vir onderhandelinge met verkopers wat nie nee vir ’n antwoord neem nie, porkbuns én vreemde wafels (hier bekend as egg wafles).

Foto: Ilze Nieuwoudt

Toe ek oorspronklik genooi is om Hong Kong saam met sy suster en swaer te besoek, het ek dadelik net gedink aan die besige stad en miljoene mense wat soos miere rondskarrel. Ek was so verkeerd. Hong Kong is ook dit, natuurlik, maar vir my was die natuur ’n juweel van veel groter waarde. Ons het twee keer tydens ons besoek ons voete in die Suid-Chinese See (oftewel die South China Sea) gesteek. Moenie Durban verwag nie – hier is so te sê geen golwe nie, maar die ongerepte skoonheid van sekere strande maak op vir dié wat ’n branderplankrit wou neem. Ons het die afgeleë Hap Tin-strand besoek en ons asems was behoorlik weggeslaan. Dié strandjie kan slegs te voet of per snelboot bereik word en hou derhalwe die geheim van sy skoonheid weggesteek van die stormloop van toeriste.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest