Leesvordering:

FroueVonds se eerste verjaarsdag: Nuwe tree en groot oorwinnings

Sep 3, 2020

Die FroueVonds van Solidariteit Helpende Hand, is vandag een volle jaar oud. Sy vier haar eerste verjaardag, maar daar is nie net een kersie op haar koek nie. Nee, daar is sommer ook sjampanje en daar word fees gevier oor die groot stap en oorwinnings wat die FroueVonds in die afgelope jaar behaal het.

Op 22 Augustus 2019 is Helpende Hand se heel eerste FroueVonds gestig. Ja, jy het reg gelees. Ons spel dit met opset verkeerd om aan te sluit by die leuse van die fonds “want alles loop nie altyd reg nie”. Dit is ook die rede waarom ons hierdie fonds gestig het. Ons het al hoe meer besef hoeveel meisies en vroue daar is wat nie uit die perfekte omstandighede kom nie, nie die regte geleenthede gehad het nie en nie altyd die regte besluite geneem het nie. Ons het geweet ons móét ingryp! Ons het hierdie reusetaak en roeping met beide hande aangegryp – onseker, maar met vertroue in die Een wat ons roep.

So het daar in die eerste maand van die FroueVonds se bestaan altesaam R608 500 se studiefondse, produkskenkings en finansiële skenkings ingestroom. Een van die skenkings het bestaan uit R307 000 se opleidingsbeurse vir Imbalie Beauty se opleidingsakademie, die Serwalo-haarakademie en die Susca Watts-akademie.

’n Skenking van skoene ter waarde van R180 000 is ook ontvang, waarmee ons vir vroue en meisies die geleentheid kon bied om nie net spreekwoordelik nuwe skoene aan te trek nie.

Die finansiële bydraes van R103 500 was reeds genoeg om byna twee versendings van die #HelpHetta-projek vir 2020 moontlik te maak. So is daar ook vooruit voorsien vir  ’n ongelooflike uitdagende 2020, sonder dat ons eers geweet het wat die omstandighede van die jaar sou wees.

Ons ontvang sommer op ’n aand ’n gratis advertensie in die Bruidsgids, wat in die daaropvolgende jaar duisende bruide bewus maak van die FroueVonds.

Die maande wat gevolg het, was geen uitsondering nie. ’n Veldtog saam met die Placecol-salongroep het ons voorsien van genoeg produkte vir een totale #HelpHetta-versending. Susan Coetzer het skilderye geskenk, waarvan een verkoop is teen R20 000. Demi Lee Moore het twee van haar pragaandrokke geskenk, waarvan een verkoop is vir R 11 000. Die ander rok het ’n meisie se matriekafskeid-droom bewaarheid. Uit hierdie inisiatief is die Droomrokke-projek gebore, om meisies wat nie ’n nuwe rok kan bekostig nie met ’n droomrok uit te rus vir hul dinee, troue of matriekafskeid.

Verskeie sterk vroue vat hande met die FroueVonds deur oor bemoedigende temas te skryf, wat weer ons vroue inspireer om in verskeie aspekte van hul lewe die eerste tree te neem.

Die lys is elle lank. Na een jaar van baie lag, baie huil, baie onsekerheid en ook baie treë in die regte rigting, staan ons op 22 Augustus 2020 met ’n totale waarde van R3 051 190 in die vorm van produkskenkings, opleidingsbeurse, finansiële skenkings en mediadekking.

Natuurlik sou bitter min hiervan moontlik gewees het sonder die getroue ondersteuning en samewerking van ’n reeks vennote wat saam met ons waag. Ons bedank elkeen van hulle vir hul vertroue in dít wat ons aanpak.

Die twee woorde wat die eerste bestaansjaar van die FroueVonds opsom is: oorweldig en verwondering. Ons staan elke keer in verwondering oor die Here se seën en oor die deure wat Hy keer op keer vir ons oopmaak. Wanneer ons ons vasgeloop het in ’n doodloopstraat, wys Hy elke keer die nuwe pad uit. Wanneer nuwe probleme en vraagstukke opduik, gee Hy getrou weer die antwoorde vir ons.

Saam met die eerste verjaarsdag van die FroueVonds neem ons weer ’n groot tree en waag ons groot. In samewerking met Finesse Voelgoed-tydskrif, Carpe Diem Media en die alombekende Lynette Beer, bring ons ’n FroueVonds-dagboek uit vir 2021! Die wins uit die verkoop van hierdie dagboeke sal spesifiek aangewend word om rentevrye studielenings aan behoeftige damestudente te verskaf vir kort kursusse in skoonheidsterapie by Imbalie Beauty-opleidingsakademie.

Ondersteun ons om in hierdie nuwe waagstuk ook oorwinning te behaal. Vir ’n pragtige FroueVonds-dagboek vir 2021, met daaglikse inspirasie van Lynette Beer, besoek gerus ons webwerf by www.frouevonds.co.za. Koop sommer ook een vir elke vriendin, kollega en geliefde vrou in jou lewe. Vir jou is dit net ’n dagboek, maar vir die FroueVonds is dit ’n sleutel in die hand om weer te waag en ’n deur tot ’n beter toekoms vir iemand anders oop te sluit. Dankie dat jy saam met ons waag.

Om ’n donasie aan die FroueVonds te maak, besoek gerus https://helpendehand.co.za/donasie/.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest