Leesvordering:

Geloof: Nog ‘n slukkie nuwe wyn

Jul 29, 2016

“Toe ouers in 1999 na my toe kom en vertel van hulle kinders wat ná matriek oorsee gaan woon en werk, maar nie altyd tyd maak om êrens vir hulleself ʼn geestelike tuiste in ‘n vreemde land te vind nie, het ek dadelik aangebied om hierdie Afrikaanssprekende jongmense via die internet en digitale media tot ons beskikking, weekliks te begin bedien.

“Al wat ek nodig gehad het, was hulle toestemming en ‘n e-posadres. So het dit dan gebeur dat ek sedert 2000 reeds vir 16 jaar lank meer as 4 000 Afrikaanssprekende gelowiges een keer per week met die Woord bedien deur vir hulle ʼn e-posnuusbrief te stuur met ʼn kort stukkie Woord.

“Die Here het reeds in 1993 vir my daardie woord uit Lukas 5:37 en 38 gegee wat soos volg lui: ‘En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.’

“Ek het verstaan dit beteken dat die Here self deur die werking van Sy Heilige Gees ou bekende Skrifwaarhede aan ons gaan bedien wat gaan veroorsaak dat, as ons dit verstaan, ons nooit weer dieselfde gaan wees daarna nie.

“Dit gaan wees asof die Here vir ons ‘n nuwe bril opsit wat maak dat ons vir altyd op ‘n nuwe manier na hierdie dinge waaroor God met ons gepraat het, gaan kyk.

“Daarom het ek ook sommer van hierdie kort stukkies Woord wat ek met mense via die internet gedeel het, begin praat as ‘Nog ‘n slukkie nuwe wyn’.”

Aan die woord is dr. Christo Nel, oudpredikant wat vir 14 jaar lank lidmate in die N.G. Kerk bedien het, maar sedert 1993, in opdrag van die Here, saam met sy eggenote, dr. Hetta Nel, deur die Here gebruik word om in alle dele van die Christelike Kerk oor die wêreld heen mense te bedien waar die Here ook al deure oopmaak of die platform skep.

As lid van Solidariteit en AfriForum, het dr. Christo beleef dat die Here hom aanmoedig om met die skakelpersone van hierdie beweging kontak te maak om te hoor of daar nie moontlikhede bestaan hoe hy hulle en die lesers van die weeklikse nuusbrief, Wêreldwyd, tot diens kan wees nie.

In die lig van die beleid in dié verband, gaan dr. Christo voortaan op ‘n gereelde basis ‘n kort, bondige stukkie Woord vir Wêreldwyd skryf vir enige leser wat ‘n behoefte daaraan het.

Jy kan dit in die toekoms in hierdie nuusbrief vind onder die rubriek getiteld NOG ‘n SLUKKIE NUWE WYN.

Jy kan dr. Christo by 082 770 2397 skakel of ‘n e-pos aan hom stuur by nchristo@lantic.net. Besoek ook gerus sy bedieningswebtuiste deur op die skakel www.nuwewyn.co.za te klik.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest