Leesvordering:

Geloof: Stukkies hemel op aarde (Deel 5)

Sep 29, 2016

So klink ons storie

Luister hoe vertel God se Gees deur Paulus se skrywe daar in Efesiërs 2 ons almal se storie, en ek haal uit die Message-vertaling aan:

“It wasn’t so long ago that you were mired in that old stagnant life of sin.

You let the world, which doesn’t know the first thing about living, tell you how to live. You filled your lungs with polluted unbelief, and then exhaled disobedience.

We all did it, all of us doing what we felt like doing, when we felt like doing it, all of us in the same boat. It’s a wonder God didn’t lose his temper and do away with the whole lot of us.

Instead, immense in mercy and with an incredible love, he embraced us. He took our sin-dead lives and made us alive in Christ. He did all this on his own, with no help from us!

Then he picked us up and set us down in highest heaven in company with Jesus, our Messiah.

Now God has us where he wants us, with all the time in this world and the next to shower grace and kindness upon us in Christ Jesus.

Saving is all his idea, and all his work. All we do is trust him enough to let him do it. It’s God’s gift from start to finish!

We don’t play the major role. If we did, we’d probably go around bragging that we’d done the whole thing!

No, we neither make nor save ourselves. God does both the making and saving. He creates each of us by Christ Jesus to join him in the work he does, the good work he has gotten ready for us to do, work we had better be doing.”

Het jy ook al ontdek dat dit soveel beter is om na God se stem te luister en te doen wat Hy jou aansê om te doen as om jou eie kop te volg en telkens jou bloedneus te loop of in dieselfde wip deur die vyand gevang te word keer op keer?

Sy volgelinge leer om te doen soos Hy gedoen het

As Jesus die twaalf dissipels uitstuur op hulle eerste oefenlopie om die realiteit van die Koninkryk van God te bedien, lees ons, sê Hy die volgende aan hulle:

“Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom.’

Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.” (Mat. 10:7,8)

Later, as Hy die 70 uitstuur, hoor ons Hom aan hulle sê: “Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’” (Luk. 10:9)

In die Evangelie van Johannes hoor ons hoe hierdie kombinasie van woord en daad werk wanneer iets van die hemel hier op aarde deurbreek.

“Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.” (Joh. 14:10)

Die koninkryk van God is ʼn stukkie hemel wat hier op aarde deurbreek waar ek en jy, soos Jesus, doen en sê wat ons die Vader sien doen en hoor sê.

Dan, daar in die Johannes Evangelie, direk nadat Jesus dit verduidelik het, volg daardie merkwaardige belofte wat my telkens stom en sonder woorde laat: “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.

As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Joh. 14:12-14)

Ek weet nie van jou nie, maar ek is moeg daarvan om allerlei slim verskonings uit te dink waarom hierdie dinge nie in my lewe en bediening waar was nie! Ek wil dit nou praktiseer en self beleef!

Lees ook: Geloof: Nog ‘n slukkie nuwe wyn

Jy kan dr. Christo by 082 770 2397 skakel of ‘n e-pos aan hom stuur by nchristo@lantic.net. Besoek ook gerus sy bedieningswebtuiste deur op die skakel http://www.nuwewyn.co.za te klik.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest