Leesvordering:

Geloof: Stukkies hemel op aarde (Deel 7)

Okt 19, 2016

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het

Kom ons begin daar in die begin, toe God die hemel en aarde geskape het.

Op aarde het Hy ʼn paradys en Sy mense-koning en -koningin, Adam en Eva, geskape en hulle aangestel in hierdie paradys om as Sy gevolmagtigdes hier op aarde in Sy Naam te regeer.

Nou weet ek en jy watter gemors hulle daarvan gemaak het. Boonop het hulle die outoriteit en koningskap om hier op aarde te regeer, aan die koning van die Donker, Satan, en sy magte oorgegee.

Verstaan mooi, Satan en sy mag demone, was volgens die Skrif, eens engele in die hemel wat teen God en sy gesag in die hemel in opstand gekom het. Toe is hulle uit die hemel gegooi, want daar word rebellie teen God se Koningskap nie geduld nie.

Hulle was dus demoniese geeste wat hier op aarde kom “plak” het.

Om juries die reg te hê om hier te kon bly en hier te heers, moes hulle by die nuutaangestelde koningspaar van God hier op aarde verbykom.

Wel, die res van die tragiese verhaal ken jy. As gevolg van die mens se sonde, het al die tragiese gevolge daarvan gevolg. Dinge soos haat, leuens, geweld, armoede, siekte en dood het die eens volmaakte skepping van God binnegestroom en van alles ʼn karikatuur gemaak van wat God dit eens bedoel het.

Daarom het God die volgende deel van Sy verlossings- en restourasieplan in werking gestel.

Met die koms van Jesus het die Koninkryk van die hemel weer hier op aarde gekom. Die Vader het Sy Seun, Jesus die Christus, gestuur as die Tweede Adam, om ʼn mens te word en om die nuwe Koning op aarde te word.

Deur Jesus se bloed en dood aan die kruis is die straf vir die sondes van die Eerste Adam en nageslag ten volle betaal. Sy opstanding uit die dood het bevestig dat Jesus die Christus die Nuwe Koning op aarde is.

Aan elkeen van Sy gelowige volgelinge, wat ten volle oortuig was in geloof van wat die Vader oor Hom sê en deur Hom wou doen om Sy Koninkryk weer hier te herstel, aan hulle is die outoriteit teruggegee om as Sy gevolmagtigdes hier op aarde in Sy Naam te regeer.

Oral waar ons luister en doen wat Hy ons aansê om te sê en te doen in Sy Naam, breek stukkies van die Koninkryk van die hemel weer hier deur.

Waar Jesus die nuwe Koning is

Om werklik Bybels tot bekering te kom, beteken om met die goeie nuus van die Evangelie saam te stem in geloof dat Jesus die Christus en die nuwe Koning op aarde is.

Dit is soos daar in Joh. 1:10 tot 12 staan: “… die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie.

Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Sien, solank die duisternis hier op aarde regeer het, het Satan en sy magte die mens toegelaat om sy eie kop te volg en toegelaat om maar net te doen soos sy vleeslike begeertes en planne hom gelei het.

Solank as wat die mens self op die troon in sy eie lewe gesit het en gedoen het soos wat hy wil, was hy sonder dat hy besef het, bloot pion en werktuig in die hande van die magte van die duisternis wat in werklikheid in beheer was.

Toe kom Jesus en deur Sy dood en opstanding kom bevestig Hy die Woord van God uit die hemel, naamlik dat Hy nou die nuwe Koning op aarde is. Die mag en heerskappy van die duisternis is hier gebreek.

Elkeen wat dit in geloof aanvaar, wat “fully persuaded” is dat hierdie Woord uit die hemel die volle waarheid is, word deur hierdie Waarheid vrygemaak en verlos uit die hande en mag van die koninkryk van die duisternis.

Jesus word nou ook die nuwe Koning in hulle lewens. Anders as in die geval van die koninkryk van die duisternis, verduur Jesus die nuwe Koning geen opposisie of iemand anders op die troon van Sy volgelinge nie. Hy aanvaar nie eers jou eie ek op die troon nie.

Daarom vereis ʼn ware Bybelse bekering dat elke gelowige volgeling van Jesus, die nuwe Koning, eers moet sterf voordat hulle Sy volgelinge en verteenwoordigers van die Koninkryk van die hemel kan wees.

Lees ook: Geloof: Nog ‘n slukkie nuwe wyn

Jy kan dr. Christo by 082 770 2397 skakel of ‘n e-pos aan hom stuur by nchristo@lantic.net. Besoek ook gerus sy bedieningswebtuiste deur op die skakel www.nuwewyn.co.za te klik.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest