Leesvordering:

Genade is genoeg

Aug 30, 2021

Deur Maxie Heppell

“After spending months studying Galatians, I am humbled and challenged.
Humbled, because I don’t think God is too impressed with our ministries,
no matter how impressed men may be.
Challenged, because I myself need to start living deeper and ministering deeper.
I need to dare to let the Holy Spirit have His way,
whether my life or ministry fits the current pattern or not.”
Warren Wiersbe

 

“Ek dare jou”, sê die Here.

Wanneer ek waarlik die Heilige Gees toelaat om Sy wil in, en déúr my, te laat geskied, maak sommige goed nie sin nie, wil die Wettiese mens in my weer opstaan en sy stem dik maak en kom lê die wolk van veroordeling soms weer swaar oor my skouers.

Dan hoor ek deur die donker newels:

“The Law controlled us and kept us under its power until the time came
when we would have faith.
In fact, the Law was to be our teacher until Christ came.
Then we could have faith and be acceptable to God.
But once a person has learned to have faith,
there is no more need to have the Law as a teacher.”
Gal 3:23 CEV

 

Daardie sagte, stil stem wat jou pla wanneer jy droogmaak, of jou sagkens herinner aan ‘n belofte en jou liefdevol lei na ‘n plek van vrede… daardie is die stem van die Een wat lewe bring.
Dit reik diep en verander van binne af.

Die Wet daarenteen, is ongenaakbaar in sy oordeel.  Sy woorde is hard en koud en sy lesse is blote kopkennis. Die oordeel wat dit bring lei tot die dood en daar is geen hoop op ewige lewe nie.

Dit verander bloot die oppervlak.

Maar Jesus het gekom.

“The Law says do!
Grace says done!”

Mag die Een wat volle beheer het van my hart, my hardkoppige najaag van ‘n wettiese bestaan – waar ek kan meet hoe ‘goed’ ek is –  daagliks vir my uitwys en laat sien hoe nutteloos dit is.

Genade is genoeg.
Alles anders behoort bloot die nageslag van dankbaarheid te wees.

Jou temalied vir die week:  Pride of a father

Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank 

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest