Leesvordering:

Geniet die beste van kykNET in die buiteland

Jun 2, 2016

Grootwildjagter, wêreldreisiger, rugbykenner – jy hoef nie verder as die heel gemaklikste leunstoel in jou huis te gaan om al hierdie aspekte van jou persoonlikheid uit te leef nie.

kykNET Internasionaal op ShowMax bied jou die geleentheid om ongekende avonture te hê met ‘n wye verskeidenheid programme, spesiaal vir diegene wat daarvan hou om die pad te vat – maar nie nou dadelik kan vertrek nie.

Die viertrekvoertuig-entoesias kan agter die stuur inskuif met Safari 4×4, die program wat die beste 4×4-roetes verken en toets, bestuurtegnieke bespreek en bestemmings uitsonder wat jy op jou wenslys kan sit vir wanneer die tyd ryp is om die stofpad aan te pak.

‘n Groot deel van die aantrekkingskrag van ‘n blaaskans in die buitelug is die kos – daar is mos disse wat net reg proe as dit op die kampvuur of skottelbraai voorberei is terwyl die son in die verte sak. In Kampkos reis John-Henry Opperman en Beáte Olwagen die land plat en kamp en kuier saam met bekendes om te hoor wat hulle graag in die buitelug aanmekaarslaan. Saam met die kos is daar ook die geselsery om die vuur en so kan jy ook ‘n hele klomp bekende Suid-Afrikaners beter leer ken, terwyl jy hulle beste kampkosresepte afkyk.

As jy daarvan droom om die wêreld te sien, sal Gerrie Pretorius jou wys hoe dit gedoen word in Leef jou reis. Eksotiese bestemmings en alternatiewe reisplanne is aan die orde van die dag wanneer Gerrie sy tasse pak, en as kyker ervaar jy nie bloot dié reis asof jy self op die vliegtuig gespring het nie, maar jy kry ook lekker wenke en nuttige inligting wat jy kan gebruik wanneer jou beurt kom.

As jou hart eintlik êrens op ‘n plaas in Afrika agtergebly het, maak seker jy kyk nuwe episodes van Megaboere en Groot Plaas. In Megaboere ontmoet Piet Croucamp die land se voorste boere, besoek hulle boerderye en vind uit wat die sleutel tot hul volgehoue sukses is. In Groot Plaas gesels Elsa Esterhuizen met vooraanstaande mense in die landboubedryf oor aktuele sake en landbounuus, en verskaf tegniese raad wat vir boere van groot waarde kan wees.

Dit gaan besonder goed met die wildbedryf in Suid-Afrika, en op Wild en Wragtig kan jy meer oor die boerdery uitvind, maar ook saam met die span gaan jag en inligting kry oor toerusting, tegnieke en produkte. Die wildbedryf is ‘n belangrike rolspeler wanneer dit by bewaring kom, en Wild en Wragtig ondersoek ook hierdie aspek van jag.

Dit maak nie saak waar jy jou in die wêreld bevind nie, ons weet jy bly ‘n Springbok, en in Springbokstories gesels John van Rensburg en Balie Swart met oud-Bokke en manne wat tans die groen en goud dra om hulle beste stories oor die lewe op en langs die veld te hoor.

Dis nou nóg makliker om al hierdie vermaak in Afrikaans te geniet. Teken in op ShowMax deur jou kredietkaart of PayPal-rekening te gebruik en geniet onbeperkte toegang tot die beste Suid-Afrikaanse programme wat jy nie elders sal vind nie. Jy sal nie sommer uitgekyk raak nie!

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest