Leesvordering:

Geniet die beste van kykNET in die buiteland

Mei 20, 2016

As jy nie meer heeltemal in voeling is met wat in die Afrikaanse kultuurlandskap aan die gang is nie, kan ShowMax jou op minstens twee maniere uithelp: Afrikaanse TV en films is tuis op ShowMax met kykNET Internasionaal, waar jy eksklusiewe toegang geniet tot die beste Afrikaanse vermaak, waar jy ook al is.

die boekklub hero

Vir ‘n vinnige oorsig van wat tans aan die gang is in die Afrikaanse fliekbedryf, binge ‘n paar van die jongste films wat op ShowMax beskikbaar is. Begin sommer met Ballade vir ‘n Enkeling, die moderne fliekweergawe van Leon van Nierop se tydlose TV-reeks. Armand Aucamp, wat die hoofrol in dié fliek speel, is tans Suid-Afrika se “it boy”: hy speel ook in die gewilde TV-reeks Die Boekklub en daar’s ‘n string nuwe flieks op pad wat sy talent tentoonstel.

Ballade het ook die loopbane van die jong akteurs Christia Visser en Edwin van der Walt gevestig. Jy kan meer van dié twee sien in Hollywood in my Huis, ‘n prettige tienerfliek wat rondom een meisie se groot drome vir die matriekafskeid draai. Kort op die hakke van die suksesvolle baanbreker Afrikaanse romantiese komedie Pad na jou hart het nog ‘n string Afrikaanse films in dié genre gevolg, wat die potensiaal van die genre ondersoek en ontgin. Probeer Strikdas, Mooirivier, Konfetti of Alles wat mal is.

Leandi du Randt is op die oomblik een van die gewildste jong aktrises in die land en Strikdas en Mooirivier sal jou wys waarom. (Leandi is ook te sien in reekse soos Vlug na Egipte en Terug na Egipte en in daaglikse nuwe episodes van Binnelanders.)

Koringberg en Die spook van Uniondale is beide films wat bewys dat Suid-Afrikaners net so goed soos die beste internasionale fliekmakers kan gril en ril – hierdie twee sal jou moontlik met slapelose nagte laat en koue rillings word gewaarborg.

Die Ballade van Robbie de Wee is ‘n spannende verhaal wat die donker kant van die Afrikaanse musiekbedryf ondersoek.

Vir die ligter “glitz & glam”-kant van die Afrikaanse musiekbedryf, maak seker dat jy die Ghoema-toekenningsaand vanuit die Johannesburgse teater beleef. Die Ghoemas is soos die Grammys van Afrikaanse musiek en al die sterre het tydens dié geleentheid op kykNET se blou tapyt geskitter. Kyk die toekenningsaand om uit te vind wie die groot wenners was, wie die mooiste aangetrek het en om te sien hoe van die grootste stemme die verhoog betree en die gehoor wegblaas. Dis glansryk, opwindend en trots Afrikaans – ‘n uitstekende inleiding tot wat tans in die SA musiekbedryf aan die gang is.


As jy nog nie op ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 7-dae proeflopie, en kyk hoeveel van die bogenoemde vermaak jy in een week kan inpas. Daar is meer as 13 000 episodes van die heerlikste Afrikaanse flieks en reekse om te kyk en dit als kos jou net US $8,99 per maand. Dis nou selfs makliker om toegang tot hierdie skatkis van Afrikaanse kultuurjuwele te kry: ShowMax aanvaar nou benewens PayPal ook kredietkaarte. Gaan na ShowMax.com vir volledige inligting en om seker te maak jy kry jou daaglikse dosis Afrikaans.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest