Leesvordering:

Gerrie Nel gerat om Duduzane Zuma te vervolg

Okt 19, 2017

“Niemand is bo die wet verhewe nie, selfs al is jou van Zuma.”

Só het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vandag gesê nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, aangekondig het dat die burgerregtewaghond met regstappe begin het om Duduzane Zuma (seun van president Jacob Zuma) privaat op ’n strafregtelike klag van strafbare manslag te vervolg.

Dít volg nadat Zuma Jr. op 1 Februarie 2014 in sy Porsche in ʼn botsing met ʼn minibus-taxi in Johannesburg betrokke was. Zuma Jr. se voertuig het glo die agterkant van die taxi getref. ’n Jong, vroulike passasier, Phumzile Dube, is op slag dood nadat die taxi weens die impak omgeslaan en gerol het. Twee ander passasiers was ook ernstig beseer.

Luidens mediaberigte het Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, gesê dat die polisie nie Zuma Jr. na die ongeluk vir alkohol getoets het nie, omdat hy glo nie tekens van alkohol gebruik getoon het nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in Julie 2014 aangekondig hy gaan weens onvoldoende bewyse nie Zuma se seun na dié noodlottige ongeluk vervolg nie en dat die saak na ʼn landdros verwys is vir ’n formele geregtelike doodsondersoek.

Op 18 Augustus 2015 het die NVG aangekondig dat hy steeds nie Zuma Jr. gaan vervolg nie, ondanks die feit dat landdros Lalitha Chetty tydens dié formele geregtelike doodsondersoek na Dube se dood bevind het dat daar prima facie-getuienis is dat haar dood deur Zuma Jr. se nalatige optrede veroorsaak is.

Die NVG het ook nooit teenoor Dube se familie bekend gemaak dat dit besluit het om nie vir Zuma Jr. te vervolg nie.

Nel en AfriForum tree in die saak teen Zuma Jr. op namens Pedzisani Dube, die oorledene se broer, en Edina Dube, haar moeder, wat tans na die oorledene se vyfjarige kind omsien.

“Daar is geen geldige gronde vir die NVG se besluit om Zuma Jr. nie te vervolg nie en Dube se familie verdien om te sien dat geregtigheid geskied en dat die saak nie anders hanteer word as gevolg van wie die vermeende oortreder is nie,” meen Nel.

Hy het reeds namens die Dube-familie ’n skrywe aan die NVG gerig om ’n nolle prosequi-sertifikaat aan te vra. Sodra AfriForum dié sertifikaat ontvang, kan die proses begin om Zuma Jr. privaat te vervolg.

Nel het verduidelik dat, indien die NVG die nolle prosequi-sertifikaat uitreik, AfriForum binne 90 dae met die privaat vervolgingsproses sal moet begin en dat die vervolging presies soos enige ander strafregtelike saak in die hof sal voortgaan, behalwe dat die aanklaer Nel sal wees, wat nie in diens van die NVG is nie.

Die NVG het egter ook die opsie om sy besluit om te keer om Zuma Jr. nie te vervolg nie en hom wél te vervolg en volgens Nel sal só ’n besluit ook vir AfriForum en die Dube-familie ’n oorwinning wees, aangesien die hele doel van die optrede is om toe te sien dat vervolging geskied.

Hy het ook daarop gewys dat indien die NVG onregmatig met die uitreiking van die nolle prosequi-sertifikaat sloer, AfriForum se privaat vervolgingseenheid nie sal huiwer om die NVG deur die hof te dwing om dit wel te doen nie.

“AfriForum se privaat vervolgingseenheid is juis gestig om toe te sien dat daar gelykheid voor die reg is en dat geregtigheid geskied – ongeag wie die oortreder is”, het Nel gesê.

Meer oor die outeur

Jhua-nine Wyrley-Birch

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest