Leesvordering:

Gerugte oor afskaffing van Britse toerisme-visum vir Suid-Afrikaners onwaar

Aug 19, 2016

Die afgelope twee weke is konsultante by Breytenbachs Immigration oorval met navrae deur Suid-Afrikaners wat gerugte gehoor het dat burgers van Statebondslande nie meer ʼn toerisme-visum benodig om die Verenigde Koninkryk te besoek nie.

Sosialemediawebtuistes en twyfelagtige mediapublikasies het aangekondig dat burgers van die Statebondslande, waaronder Suid-Afrika, nie meer ʼn toerisme-visum hoef te bekom om na die VK te reis nie. Volgens die verslae het die sogenaamde nuwe visumregulasies in werking getree toe Theresa May oorgeneem het as Eerste Minister van die VK. Nie net toeriste uit die Statebondslande wat op reis is na die VK is vrygestel nie, maar glo ook saketoeriste.

Dit is verstaanbaar dat talle Suid-Afrikaners baie opgewonde was oor hierdie nuus. Ongelukkig is die ou gesegde steeds waar: “As iets te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik.”

Die Britse owerhede het aan Breytenbachs Immigration bevestig dat daar geen waarheid in die gerugte steek nie. Die huidige Britse immigrasiereëls waarvolgens alle besoekers uit visumlande (waaronder Suid-Afrika) wat die VK wil besoek ʼn Britse toeriste-visum moet bekom voordat hulle na die VK reis, geld steeds.

Kliënte moet asseblief daarop let dat Suid-Afrikaners wat na die VK reis nie toegelaat sal word om die land sonder ʼn geldige visum binne te gaan nie. Dit is dus noodsaaklik dat Suid-Afrikaners die gerugte wat tans die rondte doen ignoreer en seker maak dat hulle aansoek doen vir ʼn Britse toeriste-visum voordat hulle na die VK reis.

Die volgende reëls rakende toeriste-visums is tans van toepassing op Suid-Afrikaners wat die VK wil besoek:

  • Suid-Afrikaanse burgers word deur die Britse regering geklassifiseer as burgers van ʼn visumland en moet aansoek doen vir ʼn Britse toeriste-visum voordat hulle na die VK reis.
  • Dit duur tans ongeveer 15 werksdae om ʼn aansoek om ʼn Britse toeriste-visum te verwerk.
  • Suid-Afrikaners hoef nie vir tuberkulose (TB) getoets te word voordat hulle vir ʼn Britse toeriste-visum aansoek doen nie.
  • Dit is moontlik om aansoek te doen vir ʼn langtermyntoeriste-visum as jy gereeld na die VK reis. Hierdie visums is geldig vir ses maande of vir twee, vyf of tien jaar, maar jy mag nie langer as ses maande gedurende enige betrokke jaar in die VK bly nie.
  • Jy mag die VK verskeie kere binnegaan en verlaat mits jou Britse toeriste-visum steeds geldig is.
  • Dit is raadsaam dat persone wat die VK vir sakedoeleindes besoek voor hulle reis advies bekom, want slegs sekere sake-aktiwiteite word met sekere soorte toeriste-visum toegelaat.

Besoek gerus Breytenbachs Immigration Consultants se geaffilieerde kantore in Suid-Afrika vir meer inligting. Kontakbesonderhede kan verkry word by http://www.bic-immigration.com/ of deur ʼn e-pos te stuur na info@bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest