Ons het beloof dat die laaste nuusbrief van 2017 ʼn spesiale Kersbrief gaan wees. Dankie aan al die vriende wat hulle Kerservarings in die vreemde met ons deel. Veral ook dankie aan almal wat in 2017 bygedra het om Wêreldwyd ʼn sukses te maak. Dankie vir elkeen wat ons nuusbrief ontvang, webtuiste besoek of van ons Faceboek-blad gehou het, gevolg het op Twitter en Instagram, vir elke e-pos en elke stukkie kommentaar. Nog is altyd welkom! Dit was vir ons so ‘n voorreg om julle te leer ken en ons sien uit na nog meer kuiertyd in 2018.

In 2018 beplan ons heelwat verrassings om nog meer nuttige inligting, nuus en lekkerlees bydraes aan julle te bied.

Wêreldwydgroete!

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest