Leesvordering:

Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde gestel

Jul 30, 2018

Die Suid-Gautengse hoë hof het vandag bevind dat Maite Nkoana-Mashabane, die destydse minister van internasionale verhoudings en -samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe te verleen, ter syde gestel moet word. AfriForum, Gabriella Engels en verskeie ander partye het ’n tersydestellingsaansoek in hierdie verband gebring.

Regter Bashier Vally wat in Meimaand argumente aangehoor het in die aansoek om die hersiening en tersydestelling van die minister se besluit om diplomatieke immuniteit aan mev. Mugabe te verleen, het bevind dat die minister se besluit ongrondwetlik was en dat sy AfriForum en Engels se regskostes moet dek.

“Ons verwelkom die uitspraak. Hierdie beslissing baan die weg vir die instel van strafregtelike vervolgingstappe teen mev. Mugabe, nadat sy verlede jaar vir Engels, ’n Johannesburgse model, met ’n elektriese verlengingskoord aangeval en ernstig beseer het. AfriForum glo dat die Nasionale Vervolgingsgesag in hierdie verband behoort op te tree, maar so nie staan adv. Gerrie Nel en AfriForum se privaatvervolgingseenheid gereed om Mugabe privaat te vervolg,” sê Willie Spies, AfriForum en Engels se regsverteenwoordiger.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest